19/12/2024
Graad 5/6 en 7 kursus 2025
Hierdie kursus is in 2015 ontwikkel vir kinders in Graad 4, maar daar was vele versoeke gerig om dit vir die ouer kinders ook aan te bied. Die kursus vind plaas by Van Eckstraat 29 en loop oor twee sessies, elke les duur 2¼ ure. (2 ure kursus met ‘n 15 min pouse na die eerste uur). Ons begin Januarie 2025. Daar sal drie groepe wees.
Tye: Groep 1 Graad 5/6- Eerste sessie: Donderdag 09 Januarie 08h00 tot 10h15.
Tweede sessie: Dinsdag 14 Januarie 10h00 tot 12h15.
Groep 2: Graad 5/6- Eerste sessie: Donderdag 09 Januarie 12h15 tot 14h30.
Tweede sessie: Dinsdag 14 Januarie 14h00 tot 16h15.
Groep 3: Graad 7- Eerste sessie: Dinsdag 07 Januarie 15h15 tot 17h30.
Tweede sessie: Vrydag 10 Januarie 15h15 tot 17h30.
Kostes beloop R1050,00 per kind. Dié wat mediese fondse het met sielkunde voordele kan eis, andersins is die geld vooraf betaalbaar in kontant, (R980 vir kontant). U kind bring niks saam nie (behalwe as jou kind ‘n bril benodig vir lees). Alles word voorsien.
Ongelukkig is daar ‘n beperkte aantal plekke sodat daar individuele aandag gegee kan word.
Onderwerpe:
1 Veranderinge in Graad 5/6 en 7
2 Waarom leer
3 Studiebeginsels
4 Ingesteldheid
5 Werksomgewing
6 Algemene gesondheid
7 Hoe om te leer
8 Geheuetegnieke
9 Hoe om op te som
10 Toetse en eksamens
Skakel asseblief vanaf 2 Desember 2024 tot en met 06 Januarie 2025 om ‘n plek te bespreek wat u pas. 0176311932
Send a message to learn more