Carries - Fundraiser Page

Carries - Fundraiser Page Carlin Pienaar is a Grade 11 pupil and top sport star at Paul Erasmus High School in Senekal. The accident happened on Monday the 4th of March 2024.

On Monday, 4 March 2024, she was involved in a motorcycle accident. She was hit by a Nissan Bakkie on her way to hockey practice at the school. Carlin Pienaar was, on her scooter, on her way to hockey practice when she was hit by a Nissan Bakkie. She was crossing the robot when the bakkie turned right in front of her, hitting her on her right side. With the impact she was thrown into the air after where she landed on the other side of the Bakkie on the tar road. Footage of the incident has made it clear that Carlin was not at fault and that it is only by grace that she is alive. Her right foot has multiple fractures and need reconstruction surgery. The necessary plates and screws will be implanted in her foot. Her left leg needed stitches. She has “tar burns” all over her body and is experiencing intense pain. The accident has changed her and her family’s lives and this will bring massive financial implications. Her family has no medical cover. I, as a sports fanatic, have started this project to assist Carlin financially. I want Carlin to have the best options available to her in the rehabilitation process for her foot, giving her the chance to get back onto the sport fields, where she has the talent to pursue her dreams. Donations will go towards the following:
• Traveling cost for her family to the hospital to visit her. (140km a day)
• Financial help for medical expenses to aid with the rehabilitation process such as the intense physiotherapy she will need.
• Doctor’s costs.
• Future rehabilitation costs. I have created this group to keep everybody updated about Carlin’s condition, fundraising campaigns and any general information regarding Carlin. I would like to ask the members not to post updates about her condition here as all updates first gets approved by her family.

Baie geluk Carries!
10/03/2025

Baie geluk Carries!

Ek kan nie glo dat dit 'n jaar is na Carlin se ongeluk nie. Ek wil almal bedank vir julle bydrae, liefde en ondersteunin...
05/03/2025

Ek kan nie glo dat dit 'n jaar is na Carlin se ongeluk nie. Ek wil almal bedank vir julle bydrae, liefde en ondersteuning vir Carlin. Vandag salueer ek haar en my gebed vir haar is om elke dag die genade van ons Here in haar lewe te voel en voel moed te wees vir die herstelpad voorentoe. Ek deel graag met julle die volgende slideshow en gebed wat sy self bid oor haarself. Carries, jy is 'n inspirasie vir my!

Hierdie week het ons afgesluit met die prysuitdeling. Ek het wyse woorde gekry wat ek graag met Carries wil deel vannaan...
12/10/2024

Hierdie week het ons afgesluit met die prysuitdeling. Ek het wyse woorde gekry wat ek graag met Carries wil deel vannaand. Carlin moet nie fokus op als wat jy kon gekry het, maar fokus op dit wat jy wel gekry het, want dit self is klaar 'n bewys van wie jy is en waarvoor jy staan! Baie baie geluk met jou puik prestasies hierdie jaar. Ek kan nie wag vir 2025 nie! Mag die Here jou nog daagliks gebruik as instrument vir ander mense wat wil opgee op die lewe. Jy mag vir die wêreld wys jy is God se Wonderwerk kind!

Die afgelope tyd was daar so baie hoogtepunte gewees vir Carlin. Vir my sal Carlin altyd 'n wonderwerk kind wees. Ongelu...
12/10/2024

Die afgelope tyd was daar so baie hoogtepunte gewees vir Carlin. Vir my sal Carlin altyd 'n wonderwerk kind wees. Ongelukkig moes hierdie wonderwerk kind oor weer deur teleurstellings gegaan het. Ek weet dit is deel van die lewe, maar dit was regtig 'n bitter pil gewees om te sluk - tot vir my gewees. Carlin was deel van ESS Senekal gewees waar ek en Marko Otto 'n hokkie kliniek aangebied het. Marko het Carlin perongeluk raak geslaan op haar vinger en tot ek het ged**k dis gebreek. Carlin het na my toe gekom en gevra of d**k ek dis gebreek... "tannie gaan ek nog kan krieketproewe speel vir Vrystaat?" Dan onthou ek weer vir Carries! Haar droom, haar passie en haar liefde is vir krieket. Carries het gaan proewe speel vir Vrystaat 0.19 dogters en was ongelukkig nie gekies vir die Vrystaat Span nie. Dit was 'n groot teleurstelling vir haar gewees en my hart het gebreek vir haar. Tog deel ek haar "stats" vir die wedstryd teen Bethelehem Voortrekker en kan nie wag vir Maandag se wedstryd teen Witteberg Hoërskool nie.

Die somerweek was baie spesiaal vir Carlin ook gewees. Na haar ongeluk het sy 'n vriendin gemaak wat van 'n perd afgeval...
12/10/2024

Die somerweek was baie spesiaal vir Carlin ook gewees. Na haar ongeluk het sy 'n vriendin gemaak wat van 'n perd afgeval het en ook byna haar been verloor het. Hulle het hegte vriendinne geword en het mekaar emosioneel baie ondersteun. Sy was vir Carlin 'n rots gewees wanneer al die "maar en hoekoms" by Carlin opgekom het. Graag deel ek hierdie foto van hulle. Wat dit so spesiaal maak is dat dit altwee se eerste keer na die hul ongelukke weer op 'n hokkieveld was. Altwee in hulle nommer 8 klere! Prys die Here vir hierdie wonderwerk kinders! Dankie Here vir U genade om hulle vir mekaar gespaar het. Albei is U getuigskrif van hoe groot U is.

Carlin word ingesluit in die AVS se Noord-Vrystaat Woema 0.17 hokkiespan. Sy word verkies as onderkaptein en neem deel a...
12/10/2024

Carlin word ingesluit in die AVS se Noord-Vrystaat Woema 0.17 hokkiespan. Sy word verkies as onderkaptein en neem deel aan die Somerweek Toernooi in Meyerton van die 24-28 ste September 2024. Sy het vir die eerste keer die jaar weer hokkie gespeel en dit was vir my 'n groot voorreg gewees om deel te kon hê aan hierdie wonderwerk kind! Haar passie vir sport en haar omgee hart vir haar spanmaats was iets besonders om elke dag te sien. Ten spyte dat sy nie haar eie 100% kon gee a.g.v. haar voet se beperking, het Carlin elke wedstryd 150% gegee, want van opgee ken sy nie! Ek d**k elke keer wat sy op die veld gegaan het, wou sy net nog beter wees. Sy was 'n leier op die veld asook van die veld af.

Hoogte punte op haar sosiale kalendar het 'n pa-en-dogter dans en 'n matriekafskeid ingesluit. Carlin, het pragtig gelyk...
12/10/2024

Hoogte punte op haar sosiale kalendar het 'n pa-en-dogter dans en 'n matriekafskeid ingesluit. Carlin, het pragtig gelyk. Kyk net haar mooi sandale wat sy aangetrek het. Lyk baie beter as haar "moonboot"!

12/10/2024

Update oor wat met Carlin Pienaar gebeur het die afgelope 4 maande.... Jammer ek update alles op een slag...maar glo vir my dit was die lang wag die moeite werd!

24/08/2024

Baie geluk aan Carlin Pienaar wat opgeneem is in die AVS Woema Hokkie 0/17 span wat gaan toer in Meyerton 24-28 September 2024. Ek is bevoorreg om hulpafrigter te wees van die span. Carries...ek leer by elke oefening die betekenis van "never give up" penne, plate en skroew kry jou nie onder nie. Jou passie en talent vir sport is amazing. Hierdie "buurvrou" van jou salueer jou!

En natuurlik was daar tyd vir mooi lyk ook ... moonboot en al! She did it Carrie's way!!
05/06/2024

En natuurlik was daar tyd vir mooi lyk ook ... moonboot en al! She did it Carrie's way!!

Dit was omtrent 'n besige kwartaal gewees. Ek wil weereens vir almal baie, baie dankie sê vir elkeen se bydra, boodskap,...
05/06/2024

Dit was omtrent 'n besige kwartaal gewees. Ek wil weereens vir almal baie, baie dankie sê vir elkeen se bydra, boodskap, liefde en omgee vir Carlin. Elke keer as ek haar sien, besef ek dat sy 'n wonderwerk is! Die feit dat sy lewe is 'n getuienis self. Alle lof en dank aan ons Hemelse Vader. Dit gaan baie goed met Carlin. Sy gaan vir fisio by Bertus Geldenhuis wat uitstekend is met sport rehab. Hy help Carlin baie. Haar volgende besoek is môre, dan update ek weer. Ek plaas foto's van haar voet net na die ongeluk en foto's van hoe haar voet nou lyk. Ek hoef nie baie te sê nie, ek d**k ons almal kan die Here se werk in haar voet sien. Nogmals baie dankie vir almal se bydrae.

Die week was 'n week vol hartseer, teleurstelling, blydskap, vreugde, genade en wonderwerke! Ek kan weereens getuig van ...
26/04/2024

Die week was 'n week vol hartseer, teleurstelling, blydskap, vreugde, genade en wonderwerke! Ek kan weereens getuig van God se genade en seëninge oor Carries se pad terug na 'n sportveld. PEHS het hulle eerste liga wedstryd teen Welkom Gim gespeel. Dit was 'n hartseer dag vir Carries gewees omdat sy as toeskouer haar span moes ondersteun. Donderdag was haar afspraak gewees by Dr. Tredoux in Bethlehem. Daar is X-strale geneem en Carries kon die goeie nuus kry dat sy mag op haar voet begin trap en begin met fisioterapie. Ek is bitter dankbaar vir elkeen se bydrae tot haar fonds en deel hierdie video met lof aan ons Hemelse Vader vir Sy geneesende Hand oor Carlin! STERK SOOS 'n LEEU!

Address

7 Froneman Street
Senekal
9600

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Carries - Fundraiser Page posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share

Share on Facebook Share on Twitter Share on LinkedIn
Share on Pinterest Share on Reddit Share via Email
Share on WhatsApp Share on Instagram Share on Telegram