03/09/2025
In 'n terapiesessie skep ons heel eerste 'n veilige ruimte - jy mag hier verskillende maniere uittoets om 'n probleem op te los en foute is 'n welkome leergeleentheid. Sodra jy veilig voel, skep ons uitdagings om jou selfvertroue te bou. Fisiese aktiwiteit tot jy uit asem is. D**k kliphard dat daar rookbolle bo ons koppe hang. Byt vas, al is fyn motories frustrerend. En ons kan soms net lekker skaterlag - vandag se juweeltjie in 'n geletterdheid-intervensie sessie oor morfologie: 'mistasting' is wanneer jy jou tas by die huis vergeet het.