Liefde Vir Liam Jacobs

  • Home
  • Liefde Vir Liam Jacobs

Liefde Vir Liam Jacobs Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from Liefde Vir Liam Jacobs, Medical and health, Klein Joostenberg, .

A STORY WRITTEN FOR GLORY! 👑
Liam is op 4 jarige ouderdom gediagnoseer met Medulloblastoma Stage 4 Brein Kanker wat ook na sy spinale koord versprei het 💛🎗Hy is n absolute WONDERWERK & in REMISSIE sedert 10/11/2025!
2 Kings 20:5 🙌🏼

31/12/2025

My Genadejaar 💛

2025 was my genadejaar.

Ek het hierdie jaar begin as n maer seuntjie sonder hare. En vandag het ek n bos hare, lekker ronde wangetjies en n GESONDE lyfie!!

Die Jaar het ek nie altyd verstaan hoekom dinge gebeur nie, maar ek het elke dag gevoel het hoe God my dra.

Dit was ’n jaar van dokters en moeilike dae, maar ook ’n jaar van liefde, gebede en mense wat my styf vasgehou het – selfs van ver af.

Wanneer ek moeg was, was daar genade.
Wanneer ek bang was, was daar vrede
Hierdie jaar het my geleer dat ek nooit alleen is nie.
Dat elke dag ’n geskenk is.
En dat hoop altyd sterker is as vrees.

Dankie dat julle saam met my hierdie genadejaar gestap het 🤍

Liefde
💛 Liam

Hierdie is n VOORREG 🙌🏼 Dankie Liewe Jesus vir genade en vir my gesondheid 💛Ek is GENEES, GESEËND, GEKIES & GESPAAR!!
27/12/2025

Hierdie is n VOORREG 🙌🏼 Dankie Liewe Jesus vir genade en vir my gesondheid 💛
Ek is GENEES, GESEËND, GEKIES & GESPAAR!!

❤️💚💛💙🧡Hierdie Kersfees wil ek net dankie sê.Dankie vir elke gebed, elke boodskap, elke hand wat vasgehou het toe ek moeg...
24/12/2025

❤️💚💛💙🧡

Hierdie Kersfees wil ek net dankie sê.
Dankie vir elke gebed, elke boodskap, elke hand wat vasgehou het toe ek moeg was, en elke hart wat saam met ons geglo het.

Hierdie jaar het my geleer hoe kosbaar die lewe is, hoe sterk liefde kan wees, en hoe groot Liewe Jesus se genade werklik is. Ek gaan hierdie Kersfees in met ’n hart vol hoop, dankbaarheid en geloof vir alles wat nog voorlê.

Mag hierdie Kersfees vir elkeen van julle vrede bring, hoop in moeilike tye, en lig selfs wanneer dinge onseker voel. Julle was deel van my reis – en dit sal ek nooit vergeet nie. 🫶🏼

Geseënde Christusfees 🎄

Baie Liefde
Liam 💛

📸 Sunike Wiese

Before and After:K A N K E R is WREED!!!Dit steel.Dit breek af.Dit verwoes liggame, drome en harte.Dit vat kinders se kr...
16/12/2025

Before and After:
K A N K E R is WREED!!!

Dit steel.
Dit breek af.
Dit verwoes liggame, drome en harte.
Dit vat kinders se krag, ouers se rus en families se vrede.

Maar… kanker kry nie die laaste sê nie.

Want wanneer ’n mens se hande te swak raak, hou God steeds vas.
Wanneer die pad donker is, bly Hy die Lig.
Wanneer alles hopeloos lyk, skep Hy oorwinning uit pyn.

Hierdie foto’s vertel ’n storie van swaarkry… maar ook van GENESING.
Van trane… maar ook van HOOP.
Van stryd… maar vandag staan ons in OORWINNING!! 🙌🏼

Kanker het probeer breek —
maar God het herstel, God bly in beheer. 💛

16/12/2025

Dankie The Reach For A Dream Foundation vir my mooiste groen trekker 🚜💛🤩

G E T U I E N I S 💛Verseker die heel beste geskenk waarvoor enige familie kan vra 🙌🏼
14/12/2025

G E T U I E N I S 💛

Verseker die heel beste geskenk waarvoor enige familie kan vra 🙌🏼

Die ouers van klein Liam Jacobs is in die wolke nadat hulle onlangs die blye tyding ontvang het dat hulle boerseuntjie wonderbaarlik kanker geklop het.

Ek het laasjaar nie die voorreg gehad om ń skoolfotos te neem nie. Kyk net hoe mooi is my skoolfoto vir 2025. Nou is ek ...
09/12/2025

Ek het laasjaar nie die voorreg gehad om ń skoolfotos te neem nie. Kyk net hoe mooi is my skoolfoto vir 2025.
Nou is ek reg vir Gr. R volgende jaar. 🎓🖍️🎨

My Storie van HOOP 💛🎗️Baie dankie OFM, The Sound Of Your LifeCharne Van Der MerweSuné Jacobs
04/12/2025

My Storie van HOOP 💛🎗️
Baie dankie OFM, The Sound Of Your Life
Charne Van Der Merwe
Suné Jacobs

Dit was die woorde van ’n seuntjie ná meer as ’n jaar van vrees, onsekerheid en behandeling toe die resultate uiteindelik kom wat bevestig hy is nou kankervry.Die lang nagte van bekommernis,...

Een van die grootste “ dinge”/uitdagings tydens my journey met kanker was my gewig. Ek het op n tyd maar net 12kg geweeg...
01/12/2025

Een van die grootste “ dinge”/uitdagings tydens my journey met kanker was my gewig. Ek het op n tyd maar net 12kg geweeg en moes weer 2-3 jaar klere dra. Maar daardie maer spierwit seuntjie sonder hare is iets van die verlede. Ek is nou weer lekker fris en vol lewe! Ek is Jesus se Wonderwerk! 🌟💛

Wat is die lekkerste deel van nuwe hare? Om dit uiteindelik te verslaap!! 🤭🥰
24/11/2025

Wat is die lekkerste deel van nuwe hare? Om dit uiteindelik te verslaap!! 🤭🥰

Address

Klein Joostenberg

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Liefde Vir Liam Jacobs posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

  • Want your practice to be the top-listed Clinic?

Share

Share on Facebook Share on Twitter Share on LinkedIn
Share on Pinterest Share on Reddit Share via Email
Share on WhatsApp Share on Instagram Share on Telegram