Liefde Vir Liam Jacobs

Liefde Vir Liam Jacobs Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from Liefde Vir Liam Jacobs, Medical and health, Klein Joostenberg, Stellenbosch.

A STORY WRITTEN FOR GLORY! πŸ‘‘
Liam is op 4 jarige ouderdom gediagnoseer met Medulloblastoma Stage 4 Brein Kanker wat ook na sy spinale koord versprei het πŸ’›πŸŽ—Hy is n absolute WONDERWERK & in REMISSIE sedert 10/11/2025!
2 Kings 20:5 πŸ™ŒπŸΌ

Dankie Radio 33 en tannie Lizel - Radio 33 Presenter πŸ’›
09/04/2026

Dankie Radio 33 en tannie Lizel - Radio 33 Presenter πŸ’›

Liewe Liam,

Jou storie is een van ongelooflike moed, geloof en oorwinning. Op so ’n jong ouderdom moes jy ’n pad stap wat min mense ooit sal verstaan β€” maar jy het dit met ’n dapper hart en ’n onbreekbare gees gedoen.

Op net 4 jaar oud, toe jy met medullablastoma, stadium 4 breinkanker gediagnoseer is, het jy begin baklei… en jy het nooit opgegee nie. Jy het gewys wat dit beteken om regtig sterk te wees. Jou geloof het mense diep geraak β€” so klein lyfie, maar met die grootste geloof wat mens kan hΓͺ.

Deur elke moeilike dag, elke chemo-sessie, was jou mamma, pappa en sussie langs jou. Saam het julle hierdie stryd aangepak, tree vir tree, en saam het julle oorwin. Vandag is dit ’n vreugde om te sien hoe jy weer lag, speel, en sommer jou mamma uit die huis uit eet β€” en niemand sal ooit daaroor kla nie, want elke oomblik saam met jou is ’n seΓ«n.

Jy is lief vir die plaaslewe en buffels ry, en jy leef jou lewe voluit β€” soos elke kind behoort te doen. Nou dat jy terug is by die skool en dit so geniet, inspireer jy almal om jou. Oral waar jy gaan, bring jy hoop.

Liam, jy het vir ons almal gewys dat met geloof is enigiets moontlik. Jy is ’n ware inspirasie β€” nie net vir jou familie nie, maar vir die wΓͺreld.
Mag jou pad vorentoe gevul wees met nog soveel vreugde, avonture en seΓ«ninge.
Met baie liefde en bewondering

Β©Lizel Viljoen

Van speel in in n hospitaal bed tot lekkerste speel by die huis!! So n groot verskil in n jaar se tyd!! πŸ™ŒπŸΌπŸ’›Reg vir Kwart...
07/04/2026

Van speel in in n hospitaal bed tot lekkerste speel by die huis!! So n groot verskil in n jaar se tyd!! πŸ™ŒπŸΌπŸ’›

Reg vir Kwartaal 2 🀩

31/03/2026

Wanneer iets soos kanker mens tref is mens so geneig om te vra hoekom? Die realiteit is mens sal nooit regtig nou al weet nie. Jy moet die Here se hand vat en hierdie pad met hom stap.
Hierdie seuntjie laat my so baie aan Liam d**k. Hy is GEKIES, en so positief! Liam het op 95% van die tyd ALTYD geglimlag, hy het geweet Jesus is by hom πŸ™ŒπŸΌπŸ’›

πŸ’›
27/03/2026

πŸ’›

πŸ’›πŸŽ—οΈ

My storie van God se GENADE!
17/03/2026

My storie van God se GENADE!

Liam Jacobs (6) van Ottosdal het Maandag (16/3) sy tweede opvolgafspraak gehad om te kyk of die kanker teruggekeer het waarteen hy langer as ’n jaar geveg het. Die skandering het bevestig hy is ste...

Dankie dat julle almal vir my gebid het πŸ’›πŸ™ŒπŸΌ Liewe Jesus sorg so mooi vir my πŸ™ŒπŸΌπŸ€©
16/03/2026

Dankie dat julle almal vir my gebid het πŸ’›πŸ™ŒπŸΌ Liewe Jesus sorg so mooi vir my πŸ™ŒπŸΌπŸ€©

Ε„ Visser van mense vir Jesus πŸŽ£πŸ™ŒπŸΌSeuntjie wees is lekker, en hierdie is n voorreg! Ek gaan die 16de Maart weer vir my sca...
08/03/2026

Ε„ Visser van mense vir Jesus πŸŽ£πŸ™ŒπŸΌ

Seuntjie wees is lekker, en hierdie is n voorreg!

Ek gaan die 16de Maart weer vir my scan dis sommer on die draai, maar soos julle sien gaan dit baie goed met my 😁 Dankie dat julle saam ons sal bid vir n goeie scan! πŸ’›πŸŽ—οΈ

A lot can happen in one year! πŸ™ŒπŸΌπŸ’›
01/03/2026

A lot can happen in one year! πŸ™ŒπŸΌπŸ’›

Liewe Jesus Soos die tyd nader stap weet ons wat voorlΓͺ. Ek vra dat Jesus my asb. sal vashou, deur die drips en slegte m...
23/02/2026

Liewe Jesus

Soos die tyd nader stap weet ons wat voorlΓͺ. Ek vra dat Jesus my asb. sal vashou, deur die drips en slegte medisyne. Jesus ek weet U weet klaar wat die uitkoms gaan wees maar tog wil ek asb. bid dat my scan nogsteeds sal skoon wees. Ek bid vir rustigheid onder ons gesin - Dankie Jesus dat U my genees en gedra het.
In Jesus naam
AmenπŸ’›πŸŽ—οΈ

Hallo julle πŸ’›πŸŽ—οΈ Ons is so vasgevang in gesond wees en skooltoe en ons nuwe normaal dat ons eintlik al vergeet het scan t...
17/02/2026

Hallo julle πŸ’›πŸŽ—οΈ

Ons is so vasgevang in gesond wees en skooltoe en ons nuwe normaal dat ons eintlik al vergeet het scan tyd is om die draai.

My volgende scan is 16 MAART. Ons sien dan ook dan weer die neurochirurg πŸ™ŒπŸΌ

Ons glo dat ek nogsteeds skoon wees van kanker πŸ™ŒπŸΌ Ek sien vreeslik uit daarna om vir almal by die hospitaal te wys hoe goed dit met my gaan.

Dit gaan regtig baie goed met my. Ek geniet elke oomblik van seuntjie wees en van kind wees.

Dankie vir almal wat steeds aan my d**k en vir my bid 🫢🏼

πŸ’›πŸŽ—οΈ

INTERNASIONAL KINDERKANKER DAG! πŸ’›Vandag onthou ons elke dapper klein vegtertjie en vegtertjie wat daagliks ’n geveg voer...
15/02/2026

INTERNASIONAL KINDERKANKER DAG! πŸ’›

Vandag onthou ons elke dapper klein vegtertjie en vegtertjie wat daagliks ’n geveg voer wat hulle nooit gekies het nie.

Kinderkanker verander ’n gesin se lewe in ’n oomblik. Dit bring hospitaal gange, chemo, bloedoortappings, onsekerheid… maar ook ongelooflike krag, hoop en geloof.

Hier is ’n paar belangrike feite:
✨ Kanker is een van die grootste oorsake van sterftes onder kinders wΓͺreldwyd.
✨ Vroeë diagnose red lewens.
✨ LEEF VOLUIT!!

Vandag vra ons:
πŸŽ—οΈ Wees bewus van simptome.
πŸŽ—οΈ Ondersteun gesinne wat hierdie pad stap.
πŸŽ—οΈ Dra geel om hoop te wys.

En vir elke kind wat veg – julle is ons helde.
Vir elke ouer wat langs ’n hospitaalbed sit – julle is ongelooflik sterk.
Vir elke survivor – julle is ’n lewende getuienis van hoop. πŸ’›

Address

Klein Joostenberg
Stellenbosch

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Liefde Vir Liam Jacobs posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share

Share on Facebook Share on Twitter Share on LinkedIn
Share on Pinterest Share on Reddit Share via Email
Share on WhatsApp Share on Instagram Share on Telegram