
18/03/2023
Gedenkbankie langs die see:
Net 'n klip in die bos.... Ek kry byna daagliks in terapie iemand, waar die onderliggende probleem pleinweg blote eensaamheid is. My voorstel wás al om te gaan stap en op bankie oor die see te gaan sit ek uitkyk. Dalk, net dalk, het ék ook al gehoop, kom iemand langs my sit. 'n Gesprek kan begin, oor niks groots nie, dalk net die kleur van die water vandag, of die mooi klank van die see. Volgende keer sien ons mekaar dalk met ander oë raak. Dalk raak die alleen, verlore, angs, hartseer, depressie, skuldgevoel, wroeging en pyn, nét so bietjie ligter as ons dit kan deel. Hier staan hordes bankies wat staar oor die see as stille getuies van die lewe self. Waarom kan ons die bankies nie voller medemensliefde en mededeelmyself kry nie? Die leë uitkykbankies is stille getuies dat ons al hoe verder van mekaar af dryf. Persoonlik d**k ek daar is nou genoeg uitkykpunte. Dit herinner my al hoe meer aan skreeuende verlatenheid en gebrek aan kommunikasie. Ek nooi jou. As jy mý kry op 'n bankie, kom sit langs my en vertel my iets wat ek nie weet nie of deel iets van jouself. Bou nuwe herinneringe. 😘
Ag tóé man.