Dr. Karlien van Zyl

Dr. Karlien van Zyl Dr. Karlien van Zyl is a general practitioner that provide medical services in Still Bay.

Her rooms are located at the Fynbos Lifestyle Estate across the Carewell Stilbaai Hospital Her rooms are located in the Fynbos Lifestyle Estate across the Carewell Stilbaai Hospital

09/02/2026

Ons het met groot skok verneem van ons vorige kollega, Dr Hannelie Louw se skielike afsterwe gisteraand. Ons het innige meegevoel met haar familie. Sy het 'n groot aandeel gehad in ons wat die praktyk in Stilbaai begin het. Sy het destyds ons in kontak met die geleentheid geplaas. Sy het ook in 2023 by die praktyk aangesluit saam met haar dogter Nadia wat as ontvangsdame by ons werk. Ons harte gaan veral uit na Nadia in die moeilike tyd met die afstaan van 'n geliefde ma.

Ons deel graag ons vreugde. Op 26 Januarie 2026 is ons dogter Rosa met Josh Lugt getroud.  Ons is bly oor 'n wonderlike ...
01/02/2026

Ons deel graag ons vreugde. Op 26 Januarie 2026 is ons dogter Rosa met Josh Lugt getroud. Ons is bly oor 'n wonderlike seun wat ons bygekry het. Ons is dankbaar vir al God se seëninge in ons lewe en veral op hierdie dag.

28/01/2026

Ons het vandag afskeid geneem van Annelize Blignaut ons ontvangsdame seder 2017. Sy was 'n steunpilaar vir die praktyk en ons gaan haar baie mis. Ons pasiente gaan jou vriendelikheid en omgee baie mis. Ons wens haar voorspoed en liefde toe met haar nuwe hoofstuk wat sy in Grahamstown gaan begin.

31/12/2025
Ons voel baie dankbaar vandag!!  Presies 10 jaar gelede het ons die nuwe  praktyk oopgemaak op Stilbaai.  In die tydperk...
05/05/2025

Ons voel baie dankbaar vandag!! Presies 10 jaar gelede het ons die nuwe praktyk oopgemaak op Stilbaai. In die tydperk het ons paaie gekruis met baie mense wat by die praktyk ingestap het. Ons is dankbaar teenoor die gemeenskap vir al die lief en leed wat ons saam met julle in die 10 jaar kon deel.

Ons is ook dankbaar aan al ons kollegas wat oor die 10 jaar saam met ons die reis gedeel het. Hier d**k ons aan Suster Elsabe, Dr. Anita, Dr. Hannelie, Dr Patsy, Annelise, Nadia, Johan en Linda.

Ons dank God wat met Sy besonderse plan ons op 'n wonderlike manier hier in Stilbaai kom vestig het. Sonder Hom sou ons niks kon regkry nie. Alle eer aan HOM.

Karlien en Johannes

Welkom aan Dr. Oosthuizen by ons span!Dit is vir ons ‘n groot voorreg om Dr. Patricia Oosthuizen amptelik by ons praktyk...
01/04/2025

Welkom aan Dr. Oosthuizen by ons span!

Dit is vir ons ‘n groot voorreg om Dr. Patricia Oosthuizen amptelik by ons praktyk in Stilbaai te verwelkom. Sy het sedert die begin van die jaar reeds deel van ons span gevorm toe sy waargeneem het tydens Dr. Hannelie se siekverlof. Vanaf 1 April 2025 sluit sy nou permanent by ons praktyk aan, en ons sien baie uit na hierdie nuwe hoofstuk saam met haar!

Dr. Oosthuizen kom uit ‘n gesin van mediese praktisyns, en haar passie vir die mediese beroep het reeds van jongs af begin. Sy het in 2021 haar mediese kwalifikasie aan die Universiteit van Stellenbosch verwerf en haar internskap by Tygerberg Akademiese Hospitaal voltooi. In 2024 het sy haar gemeenskapsdiens by Tshepong Hospitaal in Klerksdorp gedoen, waar sy in die chirurgiese afdeling gewerk het. Hier het sy waardevolle ervaring opgedoen in chirurgiese prosedures en die behandeling van pasiënte met komplekse toestande, insluitend brandwonde. Gedurende hierdie tyd het sy ‘n besondere belangstelling in bors- en endokriene chirurgie ontwikkel.

Dr. Oosthuizen is tans besig met haar Meestersgraad in Openbare Gesondheid, waarmee sy haar kennis en vaardighede verder uitbrei.

Buite die spreekkamer geniet sy ‘n aktiewe leefstyl en neem graag deel aan verskeie buitelugaktiwiteite, insluitend trail running, padwedlope en see swem. Sy is ook ‘n ywerige leser en waardeer ‘n goeie koppie koffie.

Ons is opgewonde om haar deel van ons span te maak en glo dat ons pasiënte vinnig ‘n vertrouensverhouding met haar sal opbou. Ons sien daarna uit om saam met haar te werk terwyl sy ‘n integrale rol in ons gemeenskap se gesondheid gaan speel.

Welcome Dr. Oosthuizen to Our Team!

We are delighted to officially welcome Dr. Patricia Oosthuizen to our practice in Stilbaai. She has already been part of our team since the beginning of the year when she stepped in during Dr. Hannelie’s medical leave. Now, from 1 April 2025, she is joining us permanently, and we are excited for this new chapter with her!

Dr. Oosthuizen comes from a family of medical practitioners, and her passion for medicine started at a young age. She obtained her medical degree from Stellenbosch University in 2021 and completed her internship at Tygerberg Academic Hospital. In 2024, she completed her community service at Tshepong Hospital in Klerksdorp, where she worked in the surgical department. During this time, she gained valuable experience in surgical procedures and treating patients with complex conditions, including burn injuries. It was here that she developed a particular interest in breast and endocrine surgery.

Dr. Oosthuizen is currently pursuing her Master’s Degree in Public Health, further expanding her knowledge and skills.

Outside of the medical field, she enjoys an active lifestyle and participates in various outdoor activities, including trail running, road races, and open-water swimming. She is also an avid reader and always finds an opportunity to enjoy a good cup of coffee.

We are thrilled to have her as part of our team and believe our patients will quickly build a trusting relationship with her. We look forward to working alongside her as she will play an integral role in our community’s healthcare.

01/04/2025

Farewell and Best Wishes!
We want to take a moment to share some bittersweet news with our wonderful patients. Dr. Hannelie Louw will be leaving the practice of dr. Karlien van Zyl to pursue new interests.

Dr. Hannelie has been an invaluable part of our team, providing compassionate care and dedication to our patients. While we are sad to see her go, we are excited for this next chapter in her journey.

We would like to thank Dr. Hannelie for the more than 2 years of service and wishing her all the best in her future endeavors
!
If you have any questions about your ongoing care, our team is here to support you.
Feel free to reach out to our office at 028 754 1107

Afskeid en Beste Wense!
Ons wil graag ‘n oomblik neem om nuus met ons wonderlike pasiënte te deel. Dr. Hannelie Louw gaan die praktyk van Dr. Karlien van Zyl verlaat om nuwe belangstellings na te streef.

Dr. Hannelie was ‘n onskatbare deel van ons span en het ons pasiënte met deernis en toewyding behandel. Al is ons hartseer om haar te sien gaan, is ons opgewonde oor die volgende hoofstuk in haar reis.

Ons wil vir Dr. Hannelie baie dankie sê vir meer as 2 jaar se diens en wens haar alle voorspoed toe vir die toekoms!

As u enige vrae het oor u voortgesette sorg, is ons span hier om u te ondersteun. Kontak ons gerus by 028 754 1107.

18/02/2024

Op my lessenaar staan 'n slakkie. Hy herinner my om net bietjie stadiger te wees. "Slow down." Selfs hier in Stilbaai raak die lewe te vinnig. Raak rustig sodat jy elke oomblik wat aan jou geskenk is kan waardeer.

08/02/2024

Gaan kyk gerus na Karoolie Art. My nuwe kunsblad.

Uitgerus en reg vir die dag!  Sien uit na die nuwe mense wat ons vandag gaan ontmoet.😀
20/12/2023

Uitgerus en reg vir die dag! Sien uit na die nuwe mense wat ons vandag gaan ontmoet.😀

Address

21 Kapokbos Crescent, Fynbos Estate & Carewell Stilbaai Hospital, Thys Vissie Way
Stilbaai
6674

Opening Hours

Monday 08:00 - 17:00
Tuesday 08:00 - 17:00
Wednesday 08:00 - 16:00
Thursday 08:00 - 17:00
Friday 08:00 - 17:00

Telephone

+27826160640

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Dr. Karlien van Zyl posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Practice

Send a message to Dr. Karlien van Zyl:

Share

Share on Facebook Share on Twitter Share on LinkedIn
Share on Pinterest Share on Reddit Share via Email
Share on WhatsApp Share on Instagram Share on Telegram

Category