Van Niekerk-Benadehof ACVV Dienstak

Van Niekerk-Benadehof ACVV Dienstak Since Sep. 1980, Van Niekerk-Benadehof has been providing residents a safe and peaceful environment.

The facility is a five-storey building with bachelor- units, single-bedroom units and two-bedroom units, each with its own kitchen and bathroom, as well as a 24 hour caring facility.

12/01/2026

๐ŸŽฌ ๐™ˆ๐™ค๐™ซ๐™ž๐™š ๐™ˆ๐™ค๐™ฃ๐™™๐™–๐™ฎ is besig om โ€™n nuwe gunsteling by van ons inwoners te word. Elke dag van die week is daar โ€™n aktiwiteit waaraan inwoners kan deelneem en ons nuwe Maandag-fliekmiddae is een hiervan en โ€™n lekker begin van die week.

In Januarie kyk ons inwoners na House of David โ€“ โ€™n Bybelgebaseerde dramareeks wat oor verskeie seisoene die lewe van koning Dawid uitbeeld.

Elke lewensjaar dra sy eie herinneringe en wysheid en word met dankbaarheid gevier. ๐Ÿฉต๐Ÿง Baie geluk aan ons inwoners en pe...
08/01/2026

Elke lewensjaar dra sy eie herinneringe en wysheid en word met dankbaarheid gevier. ๐Ÿฉต๐Ÿง Baie geluk aan ons inwoners en personeel wat in Januarie verjaar of reeds verjaar het. Ons wens julle โ€™n nuwe jaar toe vol gesondheid en mooi oomblikke. ๐ŸŒธ

๐ŸŽ„โœจ Geseรซnde Kersfees! Mag hierdie Kersfees โ€™n tyd wees van dankbaarheid en vreugde. Terwyl ons die liggies, geskenke en ...
25/12/2025

๐ŸŽ„โœจ Geseรซnde Kersfees! Mag hierdie Kersfees โ€™n tyd wees van dankbaarheid en vreugde. Terwyl ons die liggies, geskenke en saamwees geniet, hou ons ook vas aan die ware betekenis van diรฉ seisoen โ€“ โ€™n tyd van hoop, liefde en nuwe begin.

Ons wens elke inwoner, personeellid, familie, vriend en ondersteuner โ€™n geseรซnde en vredevolle Kersfees toe. ๐Ÿ’šโค๏ธ

Vandag, op Versoeningsdag, staan ons stil by dit wat ons saambind โ€“ respek, begrip en omgee vir mekaar. ๐Ÿ’š๐Ÿ’œ๐Ÿค By Van Nieke...
16/12/2025

Vandag, op Versoeningsdag, staan ons stil by dit wat ons saambind โ€“ respek, begrip en omgee vir mekaar. ๐Ÿ’š๐Ÿ’œ๐Ÿค By Van Niekerk-Benadehof glo ons dat ware versoening begin met klein gebare van vriendelikheid en โ€™n oop hart.

Mag ons aanhou bou aan โ€™n gemeenskap waar elke mens gesien, gehoor en waardeer word.
Gelukkige Versoeningsdag ๐Ÿ‡ฟ๐Ÿ‡ฆ

๐ŸŽ„๐ŸŽ Dis Kersmark-dag by Van Niekerk-Benadehof!Van 09:30 tot 11:30 vul ons eetsaal weer met die geure, kleure en geselligh...
05/12/2025

๐ŸŽ„๐ŸŽ Dis Kersmark-dag by Van Niekerk-Benadehof!

Van 09:30 tot 11:30 vul ons eetsaal weer met die geure, kleure en geselligheid wat hierdie tyd van die jaar so besonders maak. Ons inwoners stal met trots hul handgemaakte items, lekkernye en geskenkies uit โ€“ elke tafel โ€™n klein bietjie Kersvreugde.

Kom loer in, kom ondersteun en kom deel in die warm, feestelike gees saam met ons. โค๏ธ

24/11/2025

๐ŸŽป ๐ŸŽน Die klank van viool en klavier het die gange van Van Niekerk-Benadehof gevulโ€ฆ Ons het โ€™n baie spesiale besoek ontvang van twee Kaapse musikante, Elzaan Steyn en haar hartsvriendin Elmien Filippi, wie se musiek net so mooi soos hul vriendskap is. Elmien het met soveel gevoel viool gespeel en Elzaan het haar op klavier begelei. โœจ

Beide Elzaan en Elmien het โ€™n indrukwekkende musiekpad gestap: van optredes saam met die Kaapse Filharmoniese Orkes tot groot konserte, opnames, toere en samewerkings met bekende kunstenaars. Maar Vrydag het hulle hul talent met ons inwoners gedeel.

En dan natuurlik iets wat die optrede nรณg meer besonders gemaak het: Elzaan se ma en pa, Kleintjie en Hugo, asook haar tannie Johanna Roets, is inwoners.

Ons inwoners het elke noot en elke storie saam met die twee geniet. ๐ŸŽถ๐Ÿ’œ

Wat gebeur vanaand by Van Niekerk-Benadehof....? ๐ŸŽท๐ŸŽถ
05/11/2025

Wat gebeur vanaand by Van Niekerk-Benadehof....? ๐ŸŽท๐ŸŽถ

๐ŸŽ‚ Die eerste kersies van November is uitgeblaas en ons het reeds saam met โ€™n paar van ons inwoners hul verjaarsdae gevie...
05/11/2025

๐ŸŽ‚ Die eerste kersies van November is uitgeblaas en ons het reeds saam met โ€™n paar van ons inwoners hul verjaarsdae gevier! ๐ŸŽ

Baie geluk aan almal wat al verjaar het en aan diรฉ wat nog wag op hulle spesiale dag, mag daar vreugde in elke oomblik wees en gesondheid en vrede in die dae wat kom. By Van Niekerk-Benadehof vier ons elke mylpaal met dankbaarheid. ๐Ÿ™

๐Ÿซ–๐ŸŒธ Ons inwoners van die Versorgingsafdeling is heerlik bederf deur die gawe Heleen Fourie, eienaar van die koffiewinkel ...
23/10/2025

๐Ÿซ–๐ŸŒธ Ons inwoners van die Versorgingsafdeling is heerlik bederf deur die gawe Heleen Fourie, eienaar van die koffiewinkel ๐—ž๐—ฅ๐—˜๐—”๐—ง๐—œ๐—˜๐—™ in die Strand. Baie dankie vir jou omgee-hart, Heleen, en dat jy Dinsdag so spesiaal vir ons inwoners gemaak het.

๐Ÿ˜ ๐Ÿ“ท Ons inwoners het mekaar sรณ mooi aangemoedig en ondersteun dat elke oomblik vasgevang mรณรฉs word. Geen wonder daar is ...
14/10/2025

๐Ÿ˜ ๐Ÿ“ท Ons inwoners het mekaar sรณ mooi aangemoedig en ondersteun dat elke oomblik vasgevang mรณรฉs word. Geen wonder daar is so baie fotoโ€™s van die Helderberg Seniors Sportdag nie!

Ons twee spanne het nie net deelgeneem nie โ€“ hulle het gelag en met soveel energie meegedoen dat dit aansteeklik was.

Geniet dit om deur hierdie eerste stel fotoโ€™s in die album te blaai.

๐Ÿ™Œ Blue Crane Funerals het weereens hierdie wonderlike dag aangebied en Feedem het lekker eetgoed verskaf.

Ons inwoners wen die ๐—•๐—˜๐—ฆ๐—ง๐—˜ ๐—ฆ๐—ฃ๐—”๐—ก๐—š๐—˜๐—˜๐—ฆ-trofee by die ๐—›๐—ฒ๐—น๐—ฑ๐—ฒ๐—ฟ๐—ฏ๐—ฒ๐—ฟ๐—ด ๐—ฆ๐—ฒ๐—ป๐—ถ๐—ผ๐—ฟ๐˜€ ๐—ฆ๐—ฝ๐—ผ๐—ฟ๐˜๐—ฑ๐—ฎ๐—ด! ๐Ÿ‘๐Ÿป๐Ÿ‘๐ŸปBaie geluk aan ons twee spanne โ€“ die ...
08/10/2025

Ons inwoners wen die ๐—•๐—˜๐—ฆ๐—ง๐—˜ ๐—ฆ๐—ฃ๐—”๐—ก๐—š๐—˜๐—˜๐—ฆ-trofee by die ๐—›๐—ฒ๐—น๐—ฑ๐—ฒ๐—ฟ๐—ฏ๐—ฒ๐—ฟ๐—ด ๐—ฆ๐—ฒ๐—ป๐—ถ๐—ผ๐—ฟ๐˜€ ๐—ฆ๐—ฝ๐—ผ๐—ฟ๐˜๐—ฑ๐—ฎ๐—ด! ๐Ÿ‘๐Ÿป๐Ÿ‘๐Ÿป

Baie geluk aan ons twee spanne โ€“ die Skrop-en-Skop-span en die Emmer-en-Besem-bende ๐Ÿชฃ๐Ÿงน๐Ÿซง โ€“ wat met entoesiasme en humor deelgeneem het. Kyk hoe oorspronklik was hulle aangetrek om by hul tema en spanname te pas!

โ€™n Groot dankie aan Blue Crane Funerals vir die aanbieding van die jaarlikse sportdag, Feedem vir die heerlike eetgoed en aan ons personeel wat saamgegaan het om elkeen van ons inwoners aan te moedig en te ondersteun. ๐Ÿ’œ

Ons deel later nog fotoโ€™s van die dag. ๐Ÿ“ท

ACVV Head Office: Older Persons Care / Ouer Persone Sorg

๐ŸŽ‰ Oktober skop af met โ€˜n lys vol verjaarsdae โ€“ van ons inwoners tot ons personeel. Baie geluk aan elkeen van julle wat h...
01/10/2025

๐ŸŽ‰ Oktober skop af met โ€˜n lys vol verjaarsdae โ€“ van ons inwoners tot ons personeel. Baie geluk aan elkeen van julle wat hierdie maand โ€˜n kersie uitblaas! ๐Ÿ•ฏ๏ธ๐Ÿง

Ons wens vir julle โ€˜n jaar vol gesondheid, vreugde en mooi oomblikke. Dankie dat julle deel is van die Van Niekerk-Benadehof-familie en ons dae ryker maak.

Address

Neethling Street 30
Strand
7140

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Van Niekerk-Benadehof ACVV Dienstak posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Practice

Send a message to Van Niekerk-Benadehof ACVV Dienstak:

Share

Share on Facebook Share on Twitter Share on LinkedIn
Share on Pinterest Share on Reddit Share via Email
Share on WhatsApp Share on Instagram Share on Telegram