Van Niekerk-Benadehof ACVV Dienstak

Van Niekerk-Benadehof ACVV Dienstak Since Sep. 1980, Van Niekerk-Benadehof has been providing residents a safe and peaceful environment.

The facility is a five-storey building with bachelor- units, single-bedroom units and two-bedroom units, each with its own kitchen and bathroom, as well as a 24 hour caring facility.

So naby aan Paastyd laat dit mens weer besef hoe kosbaar dit is om nog ’n jaar saam te kan vier. ✝️Baie geluk aan al ons...
01/04/2026

So naby aan Paastyd laat dit mens weer besef hoe kosbaar dit is om nog ’n jaar saam te kan vier. ✝️

Baie geluk aan al ons inwoners en personeel wat hierdie maand verjaar. Mag dit ’n maand wees vol omgee en 'n nuwe lewensjaar gevul met voorspoed en vreugde. Dit bly vir ons besonders om hierdie oomblikke saam te deel. 🤍

19/03/2026

KYK HIER ▶️: Ons het ’n kampioen! 🏆👏 Baie geluk aan mnr. Van Zyl wat as die Bokdrol Spoeg-wenner van die AMAKIERIE-KIERIE SPORTFEES aangewys is! Dit verg mos ’n fyn tegniek van presisie, tydsberekening en talent.

Nog lekker video’s en foto's van die sportdag vir tehuise wat in Franschhoek plaasgevind het, volg binnekort. 🎥✨

18/03/2026

Van boontjiesak-gooi tot bokdrol spoeg… ons inwoners het vandag hope pret gehad en met oorgawe aan die AMAKIERIE-KIERIE SPORTFEES in Franschhoek deelgeneem.

En ja… ons het ’n wenner ook gehad. 😉🏆

Dit is nie net oor die speletjies nie… dit is oor die herinneringe wat saam gemaak word. 💛

Nog video’s van hierdie spesiale sportdag vir tehuise volg binnekort. 🎥✨

Hoe meer kersies, hoe meer rede om te glimlag en Maart bring sommer baie! 🎉🧁Baie geluk aan al ons inwoners en personeel ...
02/03/2026

Hoe meer kersies, hoe meer rede om te glimlag en Maart bring sommer baie! 🎉🧁

Baie geluk aan al ons inwoners en personeel wat hierdie maand verjaar – en ’n besondere gelukwensing aan ons 100-jarige mylpaal! Wat ’n ongelooflike voorreg om só ’n spesiale lewensjaar saam te mag vier. 💛✨

Mag daar baie lag, lekker bederf en kosbare saam-oomblikke wees.

Baie geluk aan al ons inwoners en personeel wat in Februarie verjaar! 🩵🧁 Dit is vir ons altyd ’n groot voorreg en ’n ple...
01/02/2026

Baie geluk aan al ons inwoners en personeel wat in Februarie verjaar! 🩵🧁 Dit is vir ons altyd ’n groot voorreg en ’n plesier om hierdie spesiale dae saam te vier. Mag die nuwe lewensjaar met mooi oomblikke gevul wees. 🫶

14/01/2026

Kom ons gaan loer 👀 wat maak van ons inwoners. 🪡🧵 Vandag is dit kunsvlyt aangebied deur Lynelle Pieterse, waar van ons inwoners 'n hart met gare en lap maak. Hou ons blad dop vir die pragtige eindprodukte en foto's. ❤️💙

12/01/2026

🎬 𝙈𝙤𝙫𝙞𝙚 𝙈𝙤𝙣𝙙𝙖𝙮 is besig om ’n nuwe gunsteling by van ons inwoners te word. Elke dag van die week is daar ’n aktiwiteit waaraan inwoners kan deelneem en ons nuwe Maandag-fliekmiddae is een hiervan en ’n lekker begin van die week.

In Januarie kyk ons inwoners na House of David – ’n Bybelgebaseerde dramareeks wat oor verskeie seisoene die lewe van koning Dawid uitbeeld.

Elke lewensjaar dra sy eie herinneringe en wysheid en word met dankbaarheid gevier. 🩵🧁 Baie geluk aan ons inwoners en pe...
08/01/2026

Elke lewensjaar dra sy eie herinneringe en wysheid en word met dankbaarheid gevier. 🩵🧁 Baie geluk aan ons inwoners en personeel wat in Januarie verjaar of reeds verjaar het. Ons wens julle ’n nuwe jaar toe vol gesondheid en mooi oomblikke. 🌸

Vandag, op Versoeningsdag, staan ons stil by dit wat ons saambind – respek, begrip en omgee vir mekaar. 💚💜🤝 By Van Nieke...
16/12/2025

Vandag, op Versoeningsdag, staan ons stil by dit wat ons saambind – respek, begrip en omgee vir mekaar. 💚💜🤝 By Van Niekerk-Benadehof glo ons dat ware versoening begin met klein gebare van vriendelikheid en ’n oop hart.

Mag ons aanhou bou aan ’n gemeenskap waar elke mens gesien, gehoor en waardeer word.
Gelukkige Versoeningsdag 🇿🇦

🎄🎁 Dis Kersmark-dag by Van Niekerk-Benadehof!Van 09:30 tot 11:30 vul ons eetsaal weer met die geure, kleure en geselligh...
05/12/2025

🎄🎁 Dis Kersmark-dag by Van Niekerk-Benadehof!

Van 09:30 tot 11:30 vul ons eetsaal weer met die geure, kleure en geselligheid wat hierdie tyd van die jaar so besonders maak. Ons inwoners stal met trots hul handgemaakte items, lekkernye en geskenkies uit – elke tafel ’n klein bietjie Kersvreugde.

Kom loer in, kom ondersteun en kom deel in die warm, feestelike gees saam met ons. ❤️

Address

Neethling Street 30
Strand
7140

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Van Niekerk-Benadehof ACVV Dienstak posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Practice

Send a message to Van Niekerk-Benadehof ACVV Dienstak:

Share

Share on Facebook Share on Twitter Share on LinkedIn
Share on Pinterest Share on Reddit Share via Email
Share on WhatsApp Share on Instagram Share on Telegram