06/08/2022
Jammer vir die lank skrywe maar ek het die op my hart gehad-
Die gevoel van "ek wens ek kan al die seer en ongemak vir jou dra" is iets wat enige groot mens sal hê as jy 'n kind sien in pyn en ongemak... as dit jou eie kind is, is dit nog erger en dan begin die vrae... die onsekerheid... skuldgevoel... jys emosioneel want sterk wees is vir grootmense en dit is 'n ou kindjie wat daar lê met soveel pyn... kon ek dit nie maar gedra het vir haar nie?? Hoekom sy? Hoekom nie eerder ek nie? Here ek is dan groot en verstaan als bietjie beter... of so het ek ged**k. Dan voel dit of daardie groot kamer mure jou druk. So druk dat jy nie eers kan asem haal nie. So druk dat jy net huil en nie eers meer weet hoekom nie. Jy huil net. Al was dit van blydskap want jy kon 'n uur aanmekaar slaap sonder dat jy wakker geruk word van gille wat deur die hospitaal saal weergalm... en dit van jou eie kind... nie die dame in die ander kamer sin nie. Joune! Dan sodra sy rustig is vat jy pad. Loop in die parkeer area en huil daar tot jy beter voel. Kyk al die mense se skoene en voertuie. Waardeer weer al jou seëninge en gaan dan terug na die hospitaal kamer waar jou kind lê en wag. Die pink voetspoortjies in die gange van die hospitaal het my gelei na die kamer want anders sou ek die kamer nooit gekry het nie... en dit het my laat d**k. Vêr laat d**k aan wat wil HY hê moet ek leer by die spoortjies... toe onthou ek van die Voetspore gedig en vra 'n goeie vriendin vir die gedig... 'n deel in hom sê:.. Ek kan nie verstaan waarom U, in die tye wat ek dit die nodigste gehad het, my verlaat het nie."
Die Here het geantwoord: "My liewe kind! Ek het jou lief en sal jou nooit verlaat nie. Die tye wat jy net een ry spore gesien het was die tye toe Ek jou gedra het."
Ek was nooit alleen, al het dit so gevoel.
Ek het altyd staande kon bly, al het ek neer geval het ek op my kniee geval. En weer opgestaan.
My kind was in SY hand. HY het haar gedra en veilig gehou.
Die 1 ry spore wat ek bly sien het was HY wat my gedra het. En eks dankbaar, eks baie dankbaar vir als, elke liewe ding en elke liewe mens wat oor ons pad gekom het. Al was dit net 'n tannie of oom wat geglimlag het in die hospitaal gang of iemand wat finansieel bydrae gelewer het. Dankbaar vir gesonde kinders en familie wat help maak nie saak hoeveel dit van hul vat nie. Dankbaar vir 'n gesonde huwelik, vol liefde, respek en ondersteuning. Ek is DANKBAAR vir klein pink voetspore in hospitaal gange wat my weer laat besef: Ek is 'n kind van God en niks sal my onderkry nie!