27/11/2024
Nog 'n jaar is amper klaar
Jammer ons is so stil op die groep maar die POPI Act stop ons so bietjie dat ons nie meer goed mag plaas sonder toestemming nie.
Ek wil egter vandag net weer 'n oomblik neem om dankie te sê aan elkeen in ons gemeenskap wat Tambotie Versorging Sentrum vir Verswakte bejaardes en ons SASSA Huis gedra het deur die jaar.
Mense julle weet wie julle is......... Daai wat elke maand 'n R100 skenk ... jou R100 maak 'n verskil, glo my.... Die wat kom kuier om net te gesels met ons ouergarde.... Kerklede wat hul gemeente lede kom besoek. Boere wat daai groente wat hulle nie mark toe kan vat nie vir ons bring, besighede wat vir ons skenkings gee, anoniem T wat vir ons uit die hemel uit skenk so asof jy weet ons het dit nou nodig....
Die kerke in ons gemeenskap wat altyd daar is wanneer ons julle nodig het en ons leeraars wat elke week vir ons ouergarde 'n woord bring, iets waarna hulle uitsien elke week...
Die engele wat God my gestuur het om te help met wat ookal nodig is.
Dames groepe, skool kinders en gemeenskaps groepe wat spesiaal vir ons oueergarde geskenkies bring en net kom kuier.
Die mense met die groot harte wat vir ons stadig maar seker soos tyd toelaat groter deure insit........
My hart is te klein om al my dank en trots vir ons gemeenskap te hou en al wat ek kan sê is dankie... soooooo verskriklik baie dankie.
Mag God elkeen seën met die selfde liefdevolle mate waarmee jy gee.
PS: Ons begin ons eie kweekhuis om al ons groente self te kweek en groei..... So boere wees asb gereed ons sal graag by julle wil kom kers op steek en leer 😁