25/11/2022
Rikus Potgieter
Motor Neuron Siekte.
2019
Besoek Rikus 2 Neuroloe in Pretoria.
Dr AP Meyer & Dr Kritzinger.
Albei se bevindings was dat hy positief is vir MNS.
Simptome:
Regterarm het begin swakker word en kon nie meer behoortlik iets vashou nie. Hyt ook toe n keer of wat sommer net geval.
2020:
Kan Rikus nie weer terug gaan werk toe nie. Hy kon toe nie regtig meer skryf nie en ook versigtig om nog te moet bestuur.
Linkerkant was toe nog relatief sterk en kon homself nog relatief self help. Met sy balans wat baie wankelrig was begin hy toe met n kruk loop.
Later moes iemand hom aan die anderarm vergesel saam met die kruk waarop hy steun en mee loop.
Hy het toe ook wel gese hy kan voel aan sy tong die begin ook verswak.
2021:
Het Rikus net alhoe meer gesukkel om alleen te begin loop. Hy het egter toe ook begin sukkel om sy vurk/lepel vastehou om self te eet. Met die gevolg ons het hom begin voer. Hy kon toe ook nie meer n glas of koppie vashou nie en begin toe met n strooikie drink. Hy het toe begin sukkel om sy voete optetel en om nie aan alles te struikel nie. Hy het toe erge spierkrampe ook begin kry, veral in sy kuite. Intussen het hy nog n diabeet ook geword.
2022:
28 Jan kom Rikus by my (Tharina) op die plaas bly. Hier is ruimte binne en buite die huis. Hy het elke middag met die honde gaan stap (hy ini elektriese rolstoel). Omtrent middel Okt kon Rikus nie meer met die honde stap nie want sy nekspiere raak vinnig swak. Sy kop raak nou te swaar wat hy moet probeer optel. Sy voete gly ook spontaan van die trappe af. Ek het vir hom klokkie langs sy bed gesit wat hy in die aand kon lui as ons moet gaan help. Later kon hy nie klokkie meer druk nie. Nou het rk vir hom n "baby monitor" gekry wat hy ons roep in die nag. Hy moet amper elke 2ure gedraai word deur die nag. Ek het toe ook vir hom n elektriese badstoel gekoop wat baie help met badtyd.
16 Nov sien Rikus n nuwe neuroloog Dr Steyn Medi clinic Midstream. Haar bevinding was om hom opteneem.
Maandag 21 Nov word hy opgeneem en spraak terapeut was eerste daar.
Dr Steyn het ons meegedeel dat sy vir Rikus n PEG gaan insit. (Voedungsbuis in die maag). Dit sal glo help dat hy nie meer so stik nie. Ons het n paar noue ontkominge al gehad met hy wat so maklik stik. Hy moet ook nou n suurstof masjien kry, want sy spiere het al so verswak dat hy nie meer spontaan kan hoes nie.
Baie goedjies moet nou verander:
*Sy elektriese rolstoel gaan ons moet probeer "modify" om n nekstut aantesit en voetstukke te verander;
*Harde nekstut moet gekry word as ons ry;
*Suurstof masjien;
*Jan 2023 kan hy iemand gaan sien wat hom kan help om met sy oe op n laptop (sleutelbord)te kan tik sodat ons almal nogsteeds met hom kan komunikeer(nuwe tegnologie,vreemd vir ons ook) nie seker of Mediese fonds dit sal dek nie...
*Ek wil baie graag vir hom n "hoist" koop om dit net vir ons makliker te maak om hom optetel van die bed na die bad en of toilet.
*Ek wil ook graag vir hom n verstelbare bed kry want sy lyf word soo seer van net plat le. Mediese fonds betaal dit nie.
Prys ongeveer R55 000.
Dis die kort en lank tans met Rikus se MNS.
Hy probeer regtig nog lekker gesels en kuier as iemand kom kuier.
Baie dankie vir julle wat wel al hier kom kuier het. Dit maak my hart lekker warm klop as ek sien hoe geniet hy sy vriende.
Liefde groete
Tharina....🌻😘