George Alzheimer's Support Group

George Alzheimer's Support Group The George Alzheimer's/Dementia Support Group (Western Cape, South Africa) offers support to all whose lives have been touched by dementia. YOU ARE NOT ALONE.

In the beautiful setting of the Garden Route, lies the small, but bustling, town of George. Here the George Alzheimer's Support Group is managed by people dedicated to creating more awareness about Alzheimer's disease. Through free monthly talks this dynamic team offers advice and education to all. However mostly importantly, they offer comfort, care and support for families and friends affected by this tragic disease in a kind, positive, confidential and gentle way.

13/10/2025
30/09/2025
Goeie artikel in Vrydag, 19 September 2025 se Burger koerant.
20/09/2025

Goeie artikel in Vrydag, 19 September 2025 se Burger koerant.

07/08/2025

BREIN NEUROPLASTISITEIT IN PRAKTYK.

Aanbieder:
Dr Mariette Halberg.

Waar:
Groenkloof George Hub (Nostalgie Restaurant)

Wanneer:
Dinsdag, 16 September
Vanaf:
10h00 tot 11h30

Donasies baie welkom.

Diegene wat wil bywoon kan my kontak by: ferreirajohan64@gmail.com
of Whatsapp: 0828957023

Goeie artikel in vandag se Burger 12 Julie 2025.
12/07/2025

Goeie artikel in vandag se Burger 12 Julie 2025.

14/04/2025

Please note that there won’t be a meeting of the George Alzheimer’s Support Group on 1 May 2025.

Neem asb kennis dat daar nie ‘n byeenkoms van die George Alzheimer’s Ondersteuningsgroep op 1 Mei 2025 sal wees nie.

KYK | Hanlie Retief: Demensie toets die liefde in my familie, sê Innes Benade Hanlie Retief HIERDIE ARTIKEL HET IN RAPPO...
17/02/2025

KYK | Hanlie Retief: Demensie toets die liefde in my familie, sê Innes Benade

Hanlie Retief

HIERDIE ARTIKEL HET IN RAPPORT VAN 22 SEPTEMBER 2024 VERSKYN

Dit was gister Wêreld-Alzheimersdag. Die sanger/predikant Innes Benadé se ma, Sue, is in 'n gevorderde stadium van demensie. Hy en sy vrou, Greta, deel hul aangrypende reis saam met haar.
''Twaalf jaar gelede het ons nie heeltemal besef wat ons tref nie. Ons het maar gemaak soos alle mense, ons het ged**k ag wat, Ouma vergeet so bietjie . . .”

Maar toe begin Ouma kookkos in sopborde skep en Ouma begin snaaks aantrek en snaakse dinge sê.

“Ons het begin oproepe kry van vriende uit Pretoria dat my ouers onversorg is. Ek kon dit glad nie verstaan nie, want hulle is dan in ’n versorgingsoord. Haar vriendinne het dit eerste raakgesien. Een tannie het my gebel en gesê my ma stapel kos in die yskas op mekaar asof sy bang is vir ’n dag van hongersnood. Haar persoonlike higiëne het agteruitgegaan. Má wat hiperskoon was, jy kon haar altyd deur ’n ring trek.

“My pa was in ’n ontkenningsfase, hy het ged**k my ma is maar net ’n bietjie snaaks en het aangegaan met sy lewe.”

Wat doen ’n mens as jy sien hoe iemand vir wie jy lief is, se siel stukkie vir stukkie wegdryf totdat daar net ’n dun skraapsel van die mens wat jy geken het, oorbly?

Die sanger-predikant Innes Benadé en sy vrou, Greta, versorg self sy ma, wat in ’n laaste fase van demensie is. Sy woon by hulle in George. ’n Versorger help haar bedags.

“Daar is verskeie tipes demensie. Ma Sue s’n is een wat jou van agter bekruip en homself skelm manifesteer. Geen onmiddellik herkenbare faktore nie. Kanker het kankerselle en bloedtellings wat die siekte uitwys. ’n Mens kom eers agter iemand het demensie as jy wérklik betrokke is by hul dag-tot-dag-lewe, jy sal dit maklik mis met ’n telefoonoproep af en toe.”

Sue Benadé was altyd ’n raakvatter. Onafhanklik. Sy’t op 13 al die pad van Usakos in die ou Suidwes met ’n trein afgery Kaap toe om op La Rochelle in die Paarl skool te gaan. ’n Boervrou op die familieplaas, haar lewe lank onderwyseres by Hoërskool Nylstroom. Moederhen vir die koshuiskinders wat met hul persoonlike probleme na haar gekom het.

Een van daai tannies wat jou amper versmoor met liefde, jou etensbord hoog opskep, genoeg vir drie.

Innes lag en vertel sy het tot sy aanneempak vir die kerk self gemaak. “Ons was nie eintlik welaf nie, doodgemiddeld, my pa was ’n kontrakteur/boer. My eerste pak klere was dié aanneempak wat sy uit crimplene-materiaal gemaak het. Later het Franna ook so een gekry. Ons was plattelandse seuns op fietse deur plaasdrade en goed, en die pakke het altyd iewers gehaak, en as daai ding haak, moes jy hom met ’n vuurhoutjie brand!

“Ons kon die pakke nie vat nie, maar uiteindelik is ons universiteit toe met hulle. Maar dís Ma Sue daai.

“Ons wou amper nie glo demensie gebeur met haar nie. Daar is selfs in ons familie gesuggereer dat Jesus nie so iets sal toelaat nie.
“Kyk, demensie is geweldig ontstellend en dreinerend. Demensie verdeel en regeer. ’n Mens gooi maar ’n front van wellewendheid en aanvaarding vir die wêreld voor, maar hierdie siekte toets die grein van gesinsliefde en omgee. Families moenie probeer slim raak met mekaar oor die eens gesonde gees wat kon voor vat en selfs dinamiese leiding kon gee nie. Dit laat familielede oningeligte persoonlike diagnoses maak, want só is ons ou mensdom mos maar. Ons leer moeilik van mekaar.”

Innes het die afgelope week sy gesin se reis saam met sy ma se demensie op RSG gedeel. Hy is daarna oorval met oproepe. “Hulle het vir my gesê hulle voel presies só, maar hulle voel hulle kan dit nie met die wêreld deel nie, want die wêreld verstaan nie.

“Hoekom? Die wêreld moet een of ander tyd agterkom Brad Pitt en George¬ Clooney is nie die wêreld nie, nie die rêrige lewe nie.
“Demensie is ’n troefkaart, die feit dat ons moet saamstaan en die dilemma saam moet hanteer. Jy kan dit nie alleen doen nie. Dikwels stuur Franna vir my ’n video van die familieplaas af en dan speel ek dit vir my ma. Terwyl sy dit kyk, praat sy en dan neem ek haar met ’n ander selfoon op en speel dit vir hom terug. Só bly hulle in kontak met mekaar. Sy moet darem weet sy het hierdie twee seuns.”

Toe die demensie sy greep begin kry, het Innes en Greta, sy vrou, besluit om sy ouers na ’n versorgingsoord naby hul huis in George te verskuif.

“Hulle was baie gelukkig in die versorgingsoord. Maar toe val my pa weg, en die alleenwees was vir my ma hartverskeurend, al het sy nie aldag geweet waar en wie sy is nie.”
Greta: “Ons het agtergekom die beserings aan haar bene word meer en haar bord kos bly onaangeraak staan. Sy het nie meer die vaardigheid gehad om haar kos self te sny en te eet nie. Alles moet gevoer word, selfs water. Ek en Innes het net op ’n dag gesê: Ons bring haar huis toe. Sou dit moeilik wees? Ja, baie, maar ons wou dit doen. Ons versorger, Denise Elbrugh, help baie. Sonder haar sal my rug en gesondheid nie hou nie.”

Ons het ons lewe so bietjie op ys gesit, maar ons het persoonlike groei beleef wat nie sou gebeur het as die Here dié nie oor ons pad gebring het nie.

Die eerste weke was bitter rof, vertel sy.

“Ek het daar in die begin vir Innes gesê dis nie my ma nie, ek kan nie haar doek omruil nie. Ek moes baie aan myself werk, baie met die Here praat. Ek was vir haar lief toe sy ’n sterk vrou was, want sy was vir my baie lief. Ek het net op ’n dag gesê: Jy het ’n bevoorregte lewe gelei, Greta, jy gaan teruggee. Jy doen dit vir Innes, jy doen dit vir Ouma, jy doen dit vir die Here, en dis oukei, dis oukei.”

Sy begin huil.

“Wat ek baie mis . . . ag, Innes is my boyfriend, ek is so lief vir hom . . . ek wil saam met hom gaan koffie drink, ek wil sy hand vat en langs die strand gaan loop. En sommer net vroegaand gaan lê en môreoggend eers tienuur opstaan . . . askies dat ek huil, ek het gesê ek gaan nie huil nie.”

Sy en Innes gaan swem elke dag by die gim. Jy was jou kop skoon en kom uit die moeras en sien die Outeniekwaberge en dan kan jy weer terugkom . . .

Dan kan jy dit weer vat as Ouma sê: Eina, jy maak my seer. Of: Ek hou nie van jou kos nie. “En môre gee jy vir haar dieselfde en dan sê sy ‘dis die heel lekkerste pap wat ek nog ooit geëet het’ . . .”

Innes: “Ons het ons lewe so bietjie op ys gesit, maar ons het persoonlike groei beleef wat nie sou gebeur het as die Here dié nie oor ons pad gebring het nie.

“Toe ek self nie kon nie, toe ek ’n baba was, het sy mý doeke omgeruil, mý gevoer.

“Ons weet ook dit gaan nie vir ewig aanhou nie. Laas jaar, toe sy 88 haal, het ons ’n moerse paartie gehou. Franna het afgevlieg en ons het vir haar gesing. Ons het ged**k dis die laaste verjaardag. Nou lê 90 om die draai.”

Hy lag en vertel sy het die partytjie vreeslik geniet, maar die volgende dag alles daarvan vergeet.

Hulle lag óók baie, sê Greta. “ ’n Mens moet die humor en normaliteit behou, so ons grap en praat nonsens. Sy lag saam, hoor, veral vir my, want ek is maar crazy.

“Vanoggend sesuur, toe ons haar doek afhaal, sê ek ‘oukei, Mamma, hier gaan die doek, ek gaan nou vir jou ’n lekker droë ene aansit. Toe sê sy vir Innes, ‘vat hom vir jou’, toe’t sy klaar vergeet dis ’n doek!”

Innes: “Humor, humor, humor. Dís jou doepa. Ek voel natuurlik party dae ek wil weghardloop, ek wou hierdie naweek Karoo toe gaan . . .”

Die Benadés moes vinnig leer om hul dae haarfyn te beplan, want albei het steeds besige lewens. Greta het vanjaar afgetree as musiekonderwyseres, maar gee smiddae sangklasse by haar huis.
Innes is ook afgetree, maar werk as tentmaker-predikant by die Hervormde gemeente in Oudtshoorn. “Tussendeur verkoop ek eiendomme wat ’n broodnodige inkomste bied. Ons laaste kind maak nou klaar op universiteit, dít gaan ’n oorwinning wees,” lag hy.

“My ma het gelukkig ’n goeie onderwyspensioen en sy is al mens wat ek ken wat ’n sent kon vasknyp dat Van Riebeeck se oë traan.”
Daar is eintlik net twee keuses: oorde of tuisversorging. Albei het ’n finansiële impak. Medikasie, doeke, linne, voedselaanvullers, smeerrome, ’n verwarmer wat permanent wintertye in haar kamer aan is, ’n radio en TV vir stimulasie – die lysie is lank, sê Greta.

Innes en sy ma was nog altyd baie na aan mekaar. Elke dag doen hy bestekopname van waar bevind Ma haarself vandag. Hy pas aan, beweeg in haar wêreld in en laat sy eie oordeel en verstaan by die voordeur van haar verstand. Hy verloor sy eie verlede, die merkers en ankers van sy ma.

Sy herken hom al hoe minder en minder.

“Ek speel elke dag afwisselend die rol van my en my pa. Sy d**k my pa, wat al vier jaar dood is, lewe nog. Sy noem my Pappatjie. Dis onthutsend.

“Of sy sal sê: ‘Pa was nou net hier, hy’s seker gou winkel toe, ek sal hom sê jy het ’n draai gemaak.’

“My ma het nog altyd haar lewen¬seer¬ intens met my gedeel. Franna se geboorte, vier jaar ná my, was medies gesproke ’n wonderwerk. My ouers se bloedgroepe, O+ en O-, was die oorsaak dat ons sussie, Yolané, twee dae ná haar vroeggeboorte op sewe maande, oorlede is. Dit was vir ons vier hartverskeurend en vandag glo ek dit was die begin van my ma se agteruitgang. Sy wou só graag vir my pa, hy was een van nege broers en een suster, ’n dogter gee. Ek d**k haar hartseer het in haar brein die senuweedrade begin knip . . .”

Die Bybel het haar brug na die werklikheid geword, sê Innes.
“My ma was ’n versies-mens. Haar hele huis was vol kaartjies en versies geplak. Haar Bybel was stukkend geskryf. Die teksie wat sy by haar huweliksfoto ingedruk het, Exodus 14:14, sê: ‘Ek sal vir jou stry, wees jy stil.’

Die Here stry vir haar. Hy moet in ons harte werk, én ons negatiwiteit.

“Sy en my pa se huwelik het ook maar sy oppe en affe gehad, en dalk het sy op ’n punt besef: Hou jou mond, wees die minste, die Here sal vir jou stry.

“Nou is daai teks haar redding, want sy kan glad nie meer stry nie. Die Here stry vir haar. Hy moet in ons harte werk, én ons negatiwiteit.”

Innes bly lank stil.

“Die ergste vir my is dat jy dit nie kan omdraai nie,” kom sy woorde dan skor. “Jy wéét dis ’n sinkende skip . . . Ek is ’n kreatiewe mens, as ek ’n ding doen dan weet ek môre lyk dit beter. So . . . dit vang my, dat alles onomkeerbaar afdraande gaan. En ek self – dat ek op 65 fisiek moeg begin raak.

“Maar alles ten spyt, hier sit ons met ’n proses van groei. Nou die dag het ek vir Franna gesê solank ons net groei, al dra ons nie eens vrug nie. Ons almal is dormante saad, met die potensiaal om te groei na die donker van die wortelgeweef onder en na bo waar die son en die vrugte en die blomme is. Jy kan nie vrug dra as jy nie ordentlike wortels het nie.

“Ons is nog in die wortelstadium, ons groei in die donker, maar ons weet . . . hier iewers bo ons is die ewige son.”

Address

Uniondale

Opening Hours

Monday 09:00 - 16:00
Tuesday 09:00 - 16:00
Wednesday 09:00 - 16:00
Thursday 09:00 - 16:00
Friday 09:00 - 16:00

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when George Alzheimer's Support Group posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share

Share on Facebook Share on Twitter Share on LinkedIn
Share on Pinterest Share on Reddit Share via Email
Share on WhatsApp Share on Instagram Share on Telegram