
10/05/2022
Please Support Riebeekstad Pre Primer cup cakes for Lily
Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from Warrior TIA, Upington.
Upington
Be the first to know and let us send you an email when Warrior TIA posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.
Send a message to Warrior TIA:
Soms in hierdie aardse lewe van ons, ruk iets jou tot stilstand, kom iets oor jou pad wat net eenvoudig nie geïgnoreer kan word nie en jou noop om op te tree, verder te d**k as net jou eie lewe en jou uitdagings. Die afgelope week is die Upington-, Kanoneiland gemeenskappe en almal die wêreld oor wat die Van Blerks en die Krugers ken, totaal stomgeslaan oor die siekte en uiteindelike diagnose van klein Tia van Blerk met Neuroblastoom Graad 4 hoë risiko. ‘n 2-Jarige lewenslustige dogtertjie het gegaan vanaf blakend gesond ‘n paar weke terug na ‘n kind wat saam met haar ouers, haar oumas, die hele familie en ‘n ongelooflike span spesialiste veg om ‘n baie aggressiewe kanker te oorkom met alles wat in hul is en alles wat hul het. Hul lewens het in ‘n oogwink verander vanaf die beplanning van hoe om Tia se 2de verjaarsdagpartytjie spesiaal te maak tot die realiteit van ‘iets is verkeerd met my kind’. Hiervanaf was dit nog net dokters se spreekkamers, die een toets op die ander, opname in die hospitaal, stabilisering in ICU, vlug Kaap toe, biopsies en die finale verskriklike realiteit: Tia het ‘n gewas agter die linker oog tot in die sinuskanaal, ‘n baie groot gewas vanuit die linker bynier wat versprei het na verskeie dele van haar skelet, veral haar skedel en bene en ook in haar beenmurg. Besluite moes deur ‘n geskokte ouerpaar in blitsige sekondes geneem word en die Spesialiste het onmiddellik met behandeling begin. In minder as ‘n week is die eerste Chemo reeds gegee. Onse klein Tia het dit binne 1 week reggekry om almal van ons wat vriende en familie is, se lewens aan te raak en ons te laat besef dat ons eie kruis wat ons elke dag dra, heelwat ligter is om te dra en ons het besluit om haar kruis te help dra. Staan vandag stil en sit jouself in die skoene van Andre en Cerina.....net vir een oomblik vra ons dat jy op jou knieë gaan en vir hierdie gesin opdra aan ons Hemelse Vader wat hier ‘n wonderwerk sal moet stuur. ‘n Paar van Andre en Cerina se vriende het bymekaar gekom en sonder om die emosies in te bring, die realiteit van wat pas gebeur het bespreek. Een daarvan is finansies.....daardie aaklige ding wat ons almal d**k en weet met so ‘n ongelooflike diagnose, iewers jou begin inhaal, want daar is geen manier waarop alles om elke hoek en draai gedek is nie. So, as jy hierdie gelees het en jy voel (soos baie mense al gevra het), om ‘n finansiële bydrae te maak, dan kontak jy vir Elmanda Fourie by elmanda@arbeidsterapeute.co.za en ons stel klein Tia se bankrekeningnommer vir jou beskikbaar. Dit is tot tyd en wyl ‘n ordentlike Hulpfonds op die been gebring is en ons as gemeenskap kan saamstaan om hierdie mense, sowél as toekomstige kinder-kanker pasiëntjies en hulle families, se bekommernis met een aks te verlig. Mag jy vandag stilstaan en jou eie kruis wat jy dra aanskou en dit in perspektief plaas met hierdie familie wat jou gedagtes en gebede nou meer nodig het as enige iets anders.