02/11/2025
Welkom by Duine Medipark – u nuwe gesondheidsbestemming in die middedorp 🏥
Ons is opgewonde om die opening en nuwe ligging van Duine Medipark aan te kondig, waar ons daarna uitsien om die gemeenskap met professionele en omgee-gesondheidsorg te bedien.
Dr Deon Lombard en Swanepoel Fisioterapie sal saam onder één dak werk en voortbou op dieselfde betroubare, kwaliteit diens wat u nog altyd ontvang het.
Hierdie skuif stel ons in staat om ’n meer geïntegreerde en volledige gesondheidsorg-ervaring aan te bied — maklik en toeganklik vir almal.
Ons maak Maandag, 3 November, oop.
Ons sien uit daarna om u in ons nuwe ruimte te verwelkom! ✨
Duine Medipark - Dr Deon Lombard
0836540604