05/05/2026
11 Goed Om te Onthou Rondom Kinders Grootmaak
1. As jy baie skree, gaan jou woorde hul krag verloor.
2. Die gedrag waarop jy die meeste reageer, is die gedrag wat jy die meeste gaan sien.
3. Aandag is die beste beloning vir 'n kind. Hulle wil net tyd saam jou spandeer.
4. Jou kind sal nie alles onthou wat jy vir hulle sê nie, maar hulle sal onthou hoe jy hulle laat voel het.
5. Kinders leer nie wanneer hulle bang voel nie. Hulle leer wanneer hulle veilig voel.
6. Slegte gedrag is gewoonlik eintlik 'n vaardigheidsprobleem.
7. Kinders leen jou kalmte totdat hulle hul eie kan bou.
8. Lang preke verander baie min die gedrag. Teen die tyd wat jy klaar gepraat het, het jou kind al vergeet waaroor dit gaan.
9. Jy kan nie ’n kind straf tot emosionele volwassenheid nie.
10. Regmaak ná ’n fout maak baie meer saak as perfeksie.
11. Jy hoef nie elke geveg teen jou kind te wen nie. Dis okay om soms net hulle maatjie te wees.
Kopiereg word behou © Die Verveelde Huisvrou