10/04/2026
Vryburgers Rawsonville het vir die tweede agtereenvolgende jaar Huis Matzikama betrek by hulle jaarlikse Tamaaibraai. Baie dankie Bertus en jou mense vir hierdie besonderse uitreik. Vryburgers borg die hele ete. Al versoek wat hulle het is dat vrywilligers uit die gemeenskap die vleis braai. Die manne (en vroue) het vanoggend al vroeg opgedaag en net na 08:00 die vure aangesteek. Dit was nie lank voor die inwoners een vir een opgedaag het nie. Die groepkuier, grappe en lag is mos die lekkerste van alles...Christie, Vaatjie, Deon , Stefan, JJ, Riana en Sanet... baie dankie. Ons waardeer julle baie. Vir my Huishoudelike span...julle is steeds bobaas met die roosterkoek. Die inwoners sê dankie vir 'n heerlike ete.