12/12/2025
Op 17 Oktober het ons ons kombersprojek geloods. Tannie Marieta Schreuder, een van ons woonstelbewoners, het 'n pragtige kombers gebrei en vir fondsinsameling ten bate van Huis Matzikama geskenk. Die hele personeel het op die komberswa geklim en met R20 donasies begin smous. Elke personeellid het ten minste een lys van R200 volledig ingehandig. Ons verpleegdienste bestuurder, suster Marilene Kilian, het egter loshande die meeste donasies losgepraat.
Baie dankie aan elke persoon wie hierdie projek ondersteun het. Die finale bedrag het almal se verwagtinge oortref.
Baie geluk Sarie Stenekamp van Calitzdorp met jou kombers. Soos sy dit stel...ek sal elke steek troetel.