07/03/2026
Hallo… ek is Warrior Zian van Riebeeckstad 💜⚔️
Ek is nog net ’n kind… maar ek veg ’n groot oorlog binne-in my kop.....
Maandag word ek opgeneem in die hospitaal.
Dinsdag lê ek vir ure in ’n koue teater terwyl dokters my brein oopmaak en 8 lang draadjies diep binne-in my brein insit.
My epilepsie is nie gewone epilepsie nie…
Dit wys oor amper my hele regterkant van my brein en selfs ’n klein deeltjie links ook. Dis hoekom my operasie so groot en so gevaarlik is.
Die dokters het vir my Mamma en Pappa gesê:
👉 Ek kan verlam wees
👉 Ek kan sekere funksies verloor
👉 Maar as hulle my nie opereer nie, kan my aanvalle net erger word
Na die operasie moet ek met drade binne-in my kop lê… terwyl masjiene wag vir aanvalle.
Dit klink scary… dit is scary…
maar elke aanval help die dokters om te sien waar om die volgende operasie te doen sodat hulle my kan beter maak.
Dan moet ek binne 2 dae weer teater toe gaan vir nóg ’n groot operasie.
Ek gaan lank in die hospitaal bly. Ek gaan baie medisyne drink. Ek gaan baie pyn hê.
Maar diep binne my droom ek net van een ding…
💜 Om weer ’n normale seuntjie te wees
💜 Om te speel sonder vrees
💜 Om te lag sonder dat my lyf my in die steek laat
My Mamma en Pappa bly naby die hospitaal sodat hulle elke dag my hand kan vashou.
Hulle probeer so sterk wees vir my… maar ek sien hoe hulle huil wanneer hulle d**k ek slaap.
🔸️ Medies betaal net 100%
🔸️ Die spesialis-dokters vra 300%
🔸️ Die operasies kan tussen R250 000 – R500 000 kos
🔸️ Ons moet ook vir weke naby die hospitaal bly
Dis meer as wat my ouers alleen kan dra.
As jy dit in jou hart voel… vra ek baie nederig:
🙏 Help my asseblief om my operasies te kry wat my lewe kan verander 🙏
🔗 BackaBuddy Fondsinsameling:
https://www.backabuddy.co.za/campaign/bring-back-zians-childhood
As jy nie kan help finansieel nie, bid asseblief vir my.
Bid dat Jesus my brein sal beskerm
Bid dat die dokters se hande deur God gelei sal word
Bid vir geen komplikasies nie
Bid vir volkome genesing
Dankie dat jy my storie lees.
Dankie dat jy vir my omgee.
Dankie dat jy saam met my glo in wonderwerke.
Baie liefde
Warrior Zian van Riebeeckstad 💜⚔️