Optimum Funksionele/pastorale terapeut

Optimum Funksionele/pastorale terapeut Funksionele Berader/Terapeut
Volwasse terapie
Speel terapie kinders
Emosionele intilligensie en hantering van emosies
Vak loopbaankeuses
Bio link

21/02/2018
22/03/2016

Die volgende kursusse word aangebied: Courses presented:

Mamma maak leer lekker / Mommy makes learning fun:

Praktiese wenke vir die taak om jou kleuter te leer en ‘n leerervaring tuis te skep. Aim: To equip you as a mother to make learning fun and to provide practical ideas for learning.
Oorbrugging Gr.4/ Bridging Gr. 4

Hulp aan ouers om kinders voor te berei vir verantwoordelikhede nl.groot hoeveelhede werk en meer vakke in Gr 4.
To help parents to prepare children for their Gr.4 year with more responsibilities as well as greater volumes of work.

Studie metodes Primêre Skool/ Study methods Primary school:

Doelwit stelling en tydsbestuur asook korrekte studie metodes.
Goal setting and time management as well as study methods.

Studiemetodes Sekondêre skool/ Study methods Secondary school

EQ klasse- bou emosionele intelligensie (3jaar en op)/ EQ classes- build emotional intelligence (3years and up)

Aanleer van ‘n emosionele woordeskat en hantering van die emosies met die doel om prestasie en selfbeeld te verbeter. Emotional building blocks to improve self esteem as well as achievement.

Ouerskap kursusse/Parenting courses:

Praktiese raad/Parental skills

05/02/2016

Konsentrasie


Waarom ‘n konsentrasie-gids?
Konsentrasie is ‘n groot problem by baie kinders. Onderwysers se terugvoer aan ouers is dikwels dat kinders nie hulle take voltooi nie en dat hulle sukkel om te konsentreer. Baie ouers voel magteloos wanneer hulle moet toekyk hoe hulle kinders sukkel en agter raak.
Bio Link is deel van die oplossing(neuroterapie).

Wat is neuroterapie?
Neuroterapie leer die brein om meer effektief te funksioneer.

Onthou dat party kinders geneig is tot konsentrasieprobleme en dat dit baie keer ‘n bio-neurologiese toestand is. Dikwels is daar niks wat jy as ouer kon doen om dit te keer nie, maar daar is baie wat jy kan doen om te help!

Moontlike oorsake van konsentrasieprobleme
• Emosionele trauma-soos ‘n inbraak by die huis, ‘n
motorkaping, dood in die familie.
• Huishoudelike problem- ouers wat baklei.
• Kinders wat geboelie word.
• Moontlike siekte of pyn wat ongemak veroorsaak.
• Tekort aan gesonde kos.
• Medikasie wat die kind neem.

So kan jy help om (moontlik) konsentrasieprobleme te voorkom:
Moenie jou kind ryp druk nie.
Laat jou kleinding self probeer regop sit.
Moenie jou kleinding voor die televisie los om homself besig
te hou nie.
Moenie jou kind te vinnig in ‘n loopraam sit nie, laat hulle
kruip, klim en rol om daai spiere te bou.
Goeie dissipline en hou by roetines.
Laat jou kind self dinge doen, moenie alles vir hulle doen nie.
Prys jou kind as hulle goed gedoen het, vertel hoe oulik dit
was en hoe mooi hulle iets gedoen het.

Kundiges wat kan help:
Pediater
Arbeidsterapeut
Kinderkinetikus
Sielkundige
Bio Link

07/12/2015
26/10/2015
23/10/2015

Getuigskrif:

Kind (9 jaar oud) se onderwyser verwys haar vir terapie. Aanmeldingsprobleem is agressie en boelie gedrag. Die dogter se agressie is onderliggend aan die ware probleem nl.swak selfbeeld en gebrek aan binding met biologiese vader.

Die ouers is geskei en hoewel haar Pa omgee vir haar het hy nie die kennis om tyd saam met haar sinvol te benut nie. Hy koop duur geskenke waarmee sy haar tydens kuiers by hom moet besig hou. Hy gaan aan met sy roetine. Kommunikassie is swak en sy voel minderwaardig omdat haar pa nie tyd maak vir haar nie.

Na die assessering, wat die probleem uitwys word die Pappa betrek by ouerleiding sessies. Hy leer dat tyd en aandag selfs net 20 minute op n dag sal bydra om sy kind se gedrag meer positief te verander.

Pappa erken hy weet nie hoe om met dogtertjies te speel nie.

Die dogertjie en Pappa kom een keer per week vir Bindings terapie waar hy leer hoe om te speel en wat sy kind se behoeftes is. Wenke en aktiwiteite word as opdrag gegee sodat die pa kan toepas wat hy leer en doen tydens speel sessies met sy kind.Na paar sessies is sy vol selfvertroue en gedrag verander omdat sy aandag van haar Pappa kry en nie op negatiewe maniere hoef op te tree bv boelie gedrag om aandag te kry nie.

Die juffrou is verbaas dat agressie minder is en sy nou haar bes doen om nie kinders te boelie nie. Mamma se terugvoer is ook positief nl sy het geen tantrums of agressie tuis nie.

Speel terapie is aangewend omdat kinders se taal speel is. Hul blom as hul met ouers kan speel en erkenning ontvang.

Onkunde meer as onwilligheid was dus die probleem.

Kan ouers opmaak vir foute? Ja kinders vergewe dadelik en blom as ouers net meer tyd saam met hulle spandeer.

03/11/2014

Turning Struggles into Strengths: We help uncover the real reasons behind homework battles, attention challenges, and behavioural hurdles, transforming them into success stories for your child.

Address

Lateganst 34 Street Helena
Welkom

Telephone

0825530080

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Optimum Funksionele/pastorale terapeut posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Practice

Send a message to Optimum Funksionele/pastorale terapeut:

Share

Share on Facebook Share on Twitter Share on LinkedIn
Share on Pinterest Share on Reddit Share via Email
Share on WhatsApp Share on Instagram Share on Telegram