30/05/2026
🌱🚜 Die soja oes loop mooi in die Vrystaat — en die lande wys dit!
Stroperligte wat deur die aand sny, stofwolke wat agter die masjiene hang en tonne harde werk wat nou begin vrugte afwerp. Dis waarvoor daar geplant, beplan en gewerk is. 💪🌾
Elke vrag soja wat nou van die lande af kom, vertel ’n storie van deursettingsvermoë, lang dae en produsente wat nooit terugstaan vir ’n uitdaging nie. Van planttyd tot oestyd — elke seisoen vra toewyding, opoffering en harde werk.
Die Vrystaat is aan die oes — en die seisoen wys sy staal. 🚜🇿🇦