Lifestyle Club

Lifestyle Club Helping women grow stronger in body, soul & spirit through simple wellness habits, faith-filled motivation and sustainable healthy living.

Pilates • Weight-loss guidance • Mindset & lifestyle coaching. My online personal training services aims to provide personalized fitness plans and coaching to individuals seeking to improve their health and fitness from the comfort and convenience of their homes. I am offering both personalized healthy eating plans and exercise programs tailored to individual fitness goals is an excellent way to provide comprehensive support to my clients. I am helping clients to look for a holistic approach to their health and fitness journey. I support my clients with daily accountability on their own health.

22/11/2025
18/11/2025

Padkos vir vandag: Paar dinge hierdie naweek het my laat besef: die jaar was lank.Ons senuwees is kort, ons moegheid is ...
17/11/2025

Padkos vir vandag:

Paar dinge hierdie naweek het my laat besef: die jaar was lank.
Ons senuwees is kort, ons moegheid is diep…

Orals op sosiale media sien jy dieetmiddels, oefenplanne en leefstylaanwysings — alles om ons liggame “aanvaarbaar” te maak. Skoonheidswenke om ons gesigte jonger te laat lyk, want hemel help, moenie oud word nie!

Maar skaars iemand praat oor die psigiese en geestelike moegheid waarmee ons worstel. Daar is geen vinnige hulpmiddel vir dit nie.

Vrydag gesels ek met ’n vriendin en ons kyk bietjie terug oor die jaar. Toe besef ek weer hoe elke dag iets uit ons vat… hoe elkeen iewers ’n punt het waar sy leeg raak.

Vandag deel ek hierdie Bybelvers met jou, en my gebed is dat dit jou kom vol maak.

Ek wil vir jou sê: dit is OK om nie OK te wees nie.
Dit is ok om kwaad te voel.
Dit is ok om teleurgesteld te wees in hoe jou jaar gelyk het.
Dit is ok om te d**k: “Ek kan nie meer nie.”
Dit is ok om soms net te wil uitplug en afsit.

Maar hier is my raad om weer vol te word:
Lees die vers.
Plug in by God vir nuwe krag.
Sing die regte lied, al wil jou lyf nie saam sing nie.
Kies om stil te bly en ’n oomblik te vat voor jy reageer.
Moenie jouself op die rak sit nie.

Jou lyf hoef nie die wêreld se standaard te dra nie.
Dit is ok om plooie te hê — dis ’n voorreg wat baie nooit gekry het nie.
Dit is ok om ’n bietjie ekstra op die boude te hê — dit beteken jy lééf.

Lag wanneer jy wil huil.
Beweeg wanneer alles in jou wil bly lê.
Sing wanneer jy wil skree.
Bid wanneer jou woorde opraak.

God sien. God weet. En God dra.

“Maar dié wat hulle hoop op die Here stel, sal nuwe krag kry. Hulle vlieg hoog, soos arende. Hulle sal hardloop en nie moeg word nie. Hulle sal loop en nooit vermoeid word nie.”
‭‭JESAJA‬ ‭40‬:‭31‬ ‭NLV‬‬

Maar dié wat hulle hoop op die HERE stel, sal nuwe krag kry. Hulle vlieg hoog, soos arende. Hulle sal hardloop en nie moeg word nie. Hulle sal loop en nooit vermoeid word nie.

07/11/2025

Ek wil vandag sommer ’n stukkie uit my hart deel. 💛Maandagaand sien ek een van my dogtertjie se “eye masks” langs my bed...
23/10/2025

Ek wil vandag sommer ’n stukkie uit my hart deel. 💛

Maandagaand sien ek een van my dogtertjie se “eye masks” langs my bed lê — daardie maskers wat jy oor jou oë sit om beter te slaap. Sy het nog nooit daarmee geslaap nie, maar daardie aand wou sy graag probeer.

Ek sit dit toe op as ’n grap en sê: “Nou is Mamma weg,” en gaan lê op my rug asof ek slaap. My eerste gedagte? Jinne, maar hierdie is salig en ontspanne!

Na ’n paar minute se lag en speel, besluit ek om dit regtig aan te hou. Daardie nag het ek geslaap soos ’n baba — letterlik! Dit het gevoel asof ek vir die eerste keer in maande werklik afgeskakel het.

En toe lê die Here ’n gedagte in my hart:
Soms moet ons doelbewus kom by ’n plek waar ons al die ligte en die geraas van die wêreld uitsluit.
Daar is sóveel “ligte” en “beweging” wat ons aandag aftrek — wat ons fokus van God af wegneem en ons innerlike rus kom steel.

Ek het nou al my tweede aand geslaap met daardie oogmasker aan, en oorweeg sterk om vir my ’n satyn-eenetjie aan te skaf. 😄🤭

Dalk het jy ook ’n oogmaskertjie nodig — nie net vir jou slaap nie, maar dalk spreekwoordelik — om weer by God in stilte en afsondering tot rus te kom. ☺️

Address

Wolmaransstad

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Lifestyle Club posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Practice

Send a message to Lifestyle Club:

Share

Share on Facebook Share on Twitter Share on LinkedIn
Share on Pinterest Share on Reddit Share via Email
Share on WhatsApp Share on Instagram Share on Telegram