Lifestyle Club

Lifestyle Club Helping women grow stronger in body, soul & spirit through simple wellness habits, faith-filled motivation and sustainable healthy living.

Pilates • Weight-loss guidance • Mindset & lifestyle coaching. My online personal training services aims to provide personalized fitness plans and coaching to individuals seeking to improve their health and fitness from the comfort and convenience of their homes. I am offering both personalized healthy eating plans and exercise programs tailored to individual fitness goals is an excellent way to p

rovide comprehensive support to my clients. I am helping clients to look for a holistic approach to their health and fitness journey. I support my clients with daily accountability on their own health.

Soos almal daar buite is my lewe ook besig. En moet my nie verkeerd verstaan nie — ek hou van besig wees. Maar soms voel...
19/05/2026

Soos almal daar buite is my lewe ook besig. En moet my nie verkeerd verstaan nie — ek hou van besig wees. Maar soms voel dit of ons besige lewens ons laat voel ons skiet altyd net ‘n bietjie te kort. Want jy kom nooit regtig by alles uit soos jy wil nie. Daar is altyd nóg iets om te doen.

Die vraag is: Wat is vir jóú belangrik? Want as iets vir jou belangrik genoeg is, sal jy tyd maak daarvoor.

Soos baie van julle weet, hardloop ek hierdie jaar my tweede Comrades — en dit is nou minder as 3 weke weg. Sedert Januarie moes ek baie dissipline toepas en baie ure op die pad deurbring. Maar die realiteit is: werk, gesin en verantwoordelikhede kom eerste. Dit is nie altyd moontlik om al jou kilometers perfek in te kry nie. Soms beteken dit jy eindig laat in die aand op ‘n treadmill met incline sprints, net om iets gedoen te kry.

Hoekom deel ek dit?

Want ek d**k baie van ons voel soms ons doen net nie genoeg nie. Dat ons altyd net-net agter raak. Maar die naweek het ek so kosbare openbaring gehad:

Jy ís goed genoeg.

Niks wat jy meer doen of minder doen, verander jou waarde nie. God sien jou opofferings. Hy sien jou vasbyt wanneer dinge tough raak. Hy sien hoe jy weer probeer, hoe jy bly glo, bly bid en met ‘n opregte hart aanhou.

En Hy weet jy is méér as goed genoeg — want jy is in Sý beeld gemaak.

Moenie dat die wêreld se vals standaarde jou waarde bepaal nie. God het reeds jou waarde bepaal die dag toe Hy Sy Seun vir jou gegee het. 🤍

Whatsapp my as jy deel van 'n groep vrouens wil wees wat saam groei en gesond word.

18/05/2026

Wees vandag dankbaar. 🌿

Dankbaarheid begin van binne. Dis iets wat jy leef, wat jy saai rondom jou en wat natuurlik uit jou hart vloei. Maar dit bly ook ’n keuse.

Luister vandag bietjie na jou eie gesprekke.
Waaroor praat jy die meeste? Kla jy maklik? Fokus jou woorde op probleme, slaggate, politiek en alles wat verkeerd is?

Ja, daar is baie uitdagings om ons — maar dankbaarheid beteken nie ons ignoreer dit nie. Dit beteken ons kies om steeds lig, hoop en ’n verskil te bring waar ons kan.

Ek wil jou vandag uitdaag:
Stop vir ’n oomblik. D**k oor jou woorde. D**k oor wat jy saai in ander se harte.

Mag dankbaarheid vandag uit jou hart vloei en jou gesprekke, houding en lewe vul. 🌻









16/05/2026

Die werk is gedoen nou bly ons gefokus tot die einde!

14/05/2026
14/05/2026

Mothersday blessings! Run, fun, family, love!

Maak gou koffie en lees! Ek gee hierdie jaar 13 jaar al Pilates! Wat n voorreg. 🙏🏻Ekt in 13 jaar n paar goed van ons vro...
11/05/2026

Maak gou koffie en lees!

Ek gee hierdie jaar 13 jaar al Pilates!

Wat n voorreg. 🙏🏻

Ekt in 13 jaar n paar goed van ons vrouens se gedragspatrone geleer.

Ons is ń vreemde spesie😁maar ek d**k God het ons gemaak om die lewe vir die Adams interessant te hou. 😁🤷🏻‍♀️

Maar een van my ontdekkings wat ek gemaak het is;

Ons moet skrik voor ons veranderings maak.

Bv: jy skrik vir jou weerkaatsing in die spieel en boek die volgende dag jou botox of verjongings facial by die skoonheidsalon🤷🏻‍♀️
Jy vrae nie dan; hoeveel dit kos nie, jy maak skuld.

Jy skrik as jy jou man sien kyk na n ander vrou,
Jy koop dadelik daardie skimpi onderklere en hou n date night- jy beplan heimlik ook sy dood sou hy reageer op daardie kyk🤭🫣

Jy skrik as jy op die skaal klim en whatsap dadelik daardie nommer van die fb ad wat belowe dat jy 10kg in ń week gaan verloor as jy die druppeltjies op die tong, of die plakkertjie op jou been sit🥴🤷🏻‍♀️

Ons reageer op skok!

Jou dr gee vir jou slegte gesondheidsnuus jy skrik en whatsap my want nou moet jy oefen! Eks dankbaar jy kom uiteindelik op die regte plek uit😁🤷🏻‍♀️

Nou wil ek vir jul vra; om te voorkom om na die winter te skrik en weer die verkeerde paaie te stap tot by die regte plek- wat natuurlik nou die studio is😁🤷🏻‍♀️

Byt vas!

Kom ons kyk of ons die winter kleiner, gesonder en gelukkiger sonder skokke kan deurgaan.

In kort wil ek eintlik net vir jul sê;

Jou gesondheid en lyf is kosbaar.

God het dit vir ons gegee, en als in die Bybel gegee wat ons leer hoe om dit op te pas.

Moenie tyd as verskoning gebruik, jy gaan nooit tyd kry vir oefen, maak tyd!

Beplan dit in, maak dit jou moet doen!

https://wa.me/27797682511

Wees net real!Ek herhaal dit gereeld en probeer vroue aanmoedig om eg en real te wees. Wel, hier is dit nou: my ongeëdit...
11/05/2026

Wees net real!

Ek herhaal dit gereeld en probeer vroue aanmoedig om eg en real te wees. Wel, hier is dit nou: my ongeëditeerde waarheid van Saterdagoggend, 05:00.

Soos baie reeds weet, oefen ek weer vir Comrades. Dit beteken ure op die pad. Dit is nie altyd maklik nie. Ek het ook werk en verantwoordelikhede. Daarom moes ek Saterdagoggend, voor Lienka se Netbaldag, om 05:00 my treadmill incline-runs doen om my tyd effektief te gebruik.

Dit is verseker nie maklik om uit ’n warm kamer, waar jou gesin nog knus slaap, die koue in te sluip en op ’n treadmill te klim nie. Ek stel die incline en begin.

Na kilometer een was ek só gemotiveerd — ek was Gerda! Teen kilometer drie het ek myself byna oortuig dit is genoeg. Maar ek het vasgebyt en my vyf kilometer teen incline 6 voltooi, daarna gesprint om betyds én emosioneel stabiel almal by die Netbal te kry.

Wat wil ek vir jou sê?
Dissipline lyk nie altyd mooi nie. Dit is nie altyd maklik nie. Maar neem elke dag één moeilike besluit wat bydra tot groei. Tree vir tree gaan jy daar kom.

Voetnota:
Ek edit nie my foto’s nie — daar is reeds genoeg fakeness op sosiale media. Ek wil jou wys hoe lyk ’n 40-something ná ’n sweet sessie.

Keep it real!

DAAG net op, mooi vrou 🤍Ons almal ken daardie dae… wanneer die alarm voel soos ‘n oorlog, jou energie laag is en jou moe...
05/05/2026

DAAG net op, mooi vrou 🤍

Ons almal ken daardie dae… wanneer die alarm voel soos ‘n oorlog, jou energie laag is en jou moed nog laer. Dae wat jy wonder: “Hoe gaan ek vandag deurkom?”

Maar hier is die waarheid: jy hoef nie perfek te wees om op te daag nie. Jy hoef nie alles uitgesorteer te hê, fiks te wees of eers “reg” te voel nie. Trek net jou jas reg, sit daardie pienk lippe aan… en daag op,

Want God vra nie volmaaktheid nie — Hy vra bereidwilligheid. Hy vra net: “Sal jy kom?”

Sy Woord herinner ons so mooi:
“Want God het ons nie ’n gees van vrees gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing.” – 2 Timoteus 1:7

So vandag, sit daardie bang- en twyfeltekkies terug in die kas. Trek jou dapper, vreeslose geloof-tekkies aan.

Jy sal verbaas wees wat gebeur wanneer jy net… opdaag.
Kragtig. Sag. Onvolmaak. Maar bereid.

Want soms lê jou deurbraak net aan die ander kant van “ek het nie lus nie” — en jy het in elk geval gekom 👟

04/05/2026

🌿 JOU NUWE SEISOEN BEGIN NOU 🌿

Jy hoef nie perfek te wees om te begin nie…
Jy hoef net bereid te wees om te begin.

Hier by die Lifestyle Club glo ons:

✨ Klein stappe bou groot verandering
✨ Dis nie net oor gewig nie – dis oor lewe
✨ Jy verdien om sterk, gesond en vol energie te voel

💛 Kom sluit aan by ’n groep vroue wat mekaar optel
💛 Wat saam groei, saam lag, en saam sterker word

👉 Dit is nou JOU geleentheid!

📲 WhatsApp my dadelik – beperkte plek!

30/04/2026

Nog 3 plekke oop!!

Kontak my gou dan sit ons n pakket bymekaar wat vir jou gaan werk!

Address

Wolmaransstad

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Lifestyle Club posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Practice

Send a message to Lifestyle Club:

Share