07/01/2024
Sprei die vlerkies en laat die klein mensies hulleself uitdruk deur blootstelling aan verskeie mediums van kuns en handwerk. Die aanbieder Van Zyl Naudè, is ’n animasie kunstenaar met ’n groot hart vir kinders, ‘n skilder wie ook uitstekend is met klei- en beeldhouwerk.
Gee jou kind ’n hupstoot op die pad na selfontdekking vir die vestiging van ’n sterk selfbeeld. “Wie is ek?”, :”Waarvan hou ek?”, “Hoekom is ek hier?” Ervaring in die kunswêreld kan van onskatbare waarde wees om jou kind te lei tot antwoorde op die groot lewensvrae.
Kreatiewe deelname gee ook vir ons kinders geleentheid om uiting te gee aan emosies waarvoor jong kinders nog nie woorde het nie, en wat dikwels nie in ons samelewing erken of aanvaar word nie.
Verder is dit ook so belangrik dat ons kinders leer van die subtiele nuanses van die lewe, om ’n konsep te kweek dat daar soveel skakerings van ’n enkele kleur is, dat die lewe soveel meer is as ’n gejaag na wind.
Ontdek jou kind se kunstalent vroeg-vroeg en maak die pad oop vir ’n toekom van kreatiewe vreugde.
Kontak Van Zyl Naude en boek 'n plek vir jou kind! - 069 557 6639