19/02/2026
Ons harte is seer om vandag te hoor oor die afsterwe van André du Preez, Silver Fox Snake Rescue.
Na 'n duim besering in 2023 was hy 'n pasiënt by ons, maar hy het sommer vinnig 'n vriend geword en iemand wat gereeld by die praktyk ingeloer het.
Omdat ons met hande werk, kon ons ook lekker met André gesels oor byt plekke en insidente waarvan ons weet, en was hy 'n groot bron van kennis en raad.
Worcester het vandag 'n groot verlies gely, maar ons d**k veral aan sy vrou, van wie hy met soveel liefde gepraat het, sy gesin en familie. André sal nie vergeet word nie.