11/04/2026
Met groot dankbaarheid wil ons ons opregte waardering uitspreek teenoor SAIA vir hul ongelooflike ruimhartigheid en omgee. ๐
Danksy hul donasies het ons โn wonderlike verskeidenheid kossies vir die kombuis ontvang, wat โn groot verskil maak. Daarbenewens is elke ouma en oupa wat kon bywoon bederf met โn pragtige houer vol lekkernye โ โn koeldrankie, sjokolade, koekie en chippies.
Hulle het ook warm mussies, serpies en sagte kombersies uitgedeel โ iets wat nie net fisies warm maak nie, maar ook harte aanraak.
Die oumense het die kuiertjie opreg geniet, en die bederfies het soveel vreugde gebring.
Baie, baie dankie SAIA (South African Infantry Association) โ julle omgee en liefde maak โn wรชreld se verskil. ๐ธ