
02/11/2022
Skaars n week na ons eerste reen, en Uitkoms se tuin het reeds weer in n lushof ontpop met tarentale, fiesante, en selfs n duikertjie wat vir ons kom kuier het. Baie dankie aan Jaco Zietsman van Skillies Tuindienste vir hulle harde werk, 'n Baie groot woord van dank ook aan Cornel Dryer en Imaan Sulimaan van die DA wat vir ons die groot Karee boom wat omgeval het, kom opsaag het. Nou het ons lekker baie braaihout, Wie kom braai saam? Dan net n laaste versoek. Ons Uitkoms kruiwa het voete gekry ! As iemand weet van n ou kruiwa wat met n bietjie aandag n nuwe lewe by uitkoms kan kry, laat weet ons asseblief. Uitkoms Groete